Kinders is baie belangrik. Navorsing het ons geleer dat die grootste persentasie van Christene in die laerskool tot bekering kom. Die groei en die toekoms van die Christelike geloof lê by ons kinders.
Aucklandpark Teologiese Seminarium (ATS) het in 2002 'n groep teoloë en opvoedkundiges byeengebring om 'n sondagskoolprogram te beplan en te ontwikkel. Die opdrag aan die span skrywers was om ’n program te ontwikkel wat ons kinders van vroeg af reeds kan voorberei om selfstandige Christene te word, wat die Bybel ken en lief is vir die Bybel.
Die program is ‘n volledige hulpmiddel vir ouers, sondagskoolonderwysers en/of onderwysers wat op ’n gestruktureerde wyse kinders geestelik wil ontwikkel. Dit bestaan uit weeklikse lesse vir graad 0 tot en met graad 7 leerders.
Die program verseker dat die leerders aktief betrek word by die les en dat die aanbieder in staat is om elke week 'n stimulerende en goed deurdagte program aan te bied.
Victor Kids plaas in die hande van elke opvoeder 'n professioneel uitgewerkte reeks lesse, met toepaslike ysbrekers en kreatiewe aktiwiteite, aktiwiteitsblaaie asook alle grafiese materiaal wat nodig is om die les aan te bied. Kantaantekeninge by elke les verskaf inligting aan die aanbieder wat die rasionaal vir die insluiting van sekere aktiwiteite verduidelik. Alle tekeninge in die boek is inkleurbaar (swart en wit) en bied so ekstra aktiwiteite aan leerders. Dit verminder ook die drukkoste vir die gebruiker.
Die volledige kurrikulum word digitaal verskaf (in PDF) en, anders as met ander sondagskoolprogramme, hoef geen ekstra werksboeke of aktiwiteitsblaaie aangeskaf te word nie. Die material is gratis.
Elke lewensfase bestaan uit twee modules. Module 1 is die kurrikulum vir die eerste helfte van die skooljaar terwyl Module 2 tydens die laaste semester van die jaar aangebied word. Elke module bevat +-20 lesse per lewensfase.
In die module word gekyk na die skeppingsverhaal, die mens se verantwoordelikheid teenoor die skepping en God se betrokkenheid by die mens. Die waarheid van God as Skepper van die heelal word vandag geweldig aangeval. Die program poog om op ’n verantwoordelike wyse ons kinders paraat te maak vir hierdie aanslag.
Module 1 is volledig beskikbaar.
Bo en behalwe die algemene Bybelkennis en stories wat deur die lesse behandel word, word ook ander ontwikkelingsdoelwitte met Victor Kids nagestreef. Versprei oor die vier lewensfases, is daar lesse wat onder andere op die volgende fokus:
| Lewensfase 1 | Lewensfase 2 | Lewensfase 3 | Lewensfase 4 |
|---|---|---|---|
|
1 Die Skepping: Die eerste drie dae 2 Die Skepping: Die vierde en vyfde dag 3 Die Skepping: Die sesde en sewende dag 4 Verantwoordelikheid vir ’n gesonde lewe 5 Diesondeval 6 Noag se ark 7 Rentmeesterskap: Water 8 Rentmeesterskap: Lug en omgewing *Paasfees 9 Klein Samuel 10 God praat met Samuel 11 Eli se dood 12 Samuel salf Dawid 13 Dawid en Goliat 14 Elia en die kraaie 15 Elia en die weduwee 16 Elia en die Baälprofete *Pinkster 17 Die einde van die profeet Elia 18 Eiewaarde 19 Hersiening |
1 God het die wêreld gemaak 2 God as Skepper van verskeidenheid 3 God het my en mense gemaak 4 Elke mens is spesiaal 5 Ek is deel van God se groot prent 6 Beskermers van God se aarde 7 God se sorg en gehoorsaamheid 8 God sorg vir my en die skepping *Paasfees 9 Vergenoegdheid 10 God is ewig en onveranderlik 11 God is almagtig en alomteenwoordig 12 God is Heilig 13 God is Vader 14 God is liefde 15 Ewige en tydelike dinge 16 Verlies van eie waarde *Pinkster 17 Verlies deur die dood 18 Eiewaarde 19 Hersiening |
1 Die Skepping is ongelooflik 2 Skepping vertel ’n storie 3 Jy is deur God gemaak 4 Jy is uniek 5 Jy is met ’n doel gemaak 6 Die Skepping loof God 7 God sorg vir my 8 God se beskerming en ons gehoorsaamheid *Paasfees 9 God beskerm ons 10 Dade het gevolge 11 My verhouding met God 12 Beskermers van God se aarde 13 God maak my nuut 14 As die Here die huis nie bou nie 15 Verlies aan eie waarde 16 Doen wat reg is in die oë van die Here *Pinkster 17 Verlies deur egskeiding 18 Verlies van onskuld 19 Hersiening |
1 Die kroon van God se skepping 2 Ambassadeur vir God 3 God die Skepper het ’n doel met my lewe 4 Sonde maak dat jy jou doel te mis 5 My posisie in Christus 6 Ek is God se kind 7 God stel my in staat om ’n sukses te wees 8 'n Mislukking word in God se hande ’n sukses *Paasfees 9 Die Christen en kreatiwiteit(#1) 10 Die Christen en kreatiwiteit (#2) 11 Om probleme op te los (#1) 12 Om probleme op te los (#2) 13 Oorwinnende lewensstyl 14 Getuie vir God 15 Om ander in nood te help 16 Medewerker van God *Pinkster 17 Trauma: Verlies aan iets waardevol 18 Trauma: Verlies deur die dood 19 Trauma: Verlies aan onskuld 20 Hersiening ** |
* Die Paasfees en Pinkster lesse is nie genommer nie want Paasfees en Pinkster vind elke jaar op ander dae plaas; dit word bepaal deur die stand van die maan. U rangskik dus die lesse in die kalender soos wat dit u sondagskoolprogram pas. Paasfees moet egter so na as moontlik aan Paasfees aangebied word, verkieslik voor die skole vir die vakansie sluit.
** Lewensfase 4 het een meer Trauma les as die ander lewensfases. U hoef nie al die trauma lesse te behandel nie. U kan besluit ons die te kies wat vir u leerders relevant is.
In die onderskeie lewensfases word gekyk na fasette van ons bestaan as mense: eerstens as God se kinders en tweedens, ons verhouding met ander. In die verskillende lesse word kennis deurgegee, gesindheidsverandering bewerk, vaardighede en karakter ontwikkel.
Module 2 is volledig beskikbaar.



