Wederkoms van Christus boek

This book is also available in English: Second Coming of Christ →


Deur Jan Hattingh

In hierdie werk word gepoog om gelowiges te help om in hierdie besondere eindtyd, voor Jesus se wederkoms te weet hoe om as Christen te leef sodat hy gereed kan wees, maar ook om sy roeping in dié dinamiese tyd uit te leef.

Die Bybel gee duidelike aanduidings van die naderende einde en na aanleiding daarvan het Jesus gesê: “As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby” (Luk. 21:28).

Die boek bestaan uit 3 hoofstukke:

  • Die laaste oordeel
  • Blye verwagtings, gevegte en misleidings
  • Hoe om in die eindtyd te leef
Elke hoofstuk begin met 'n opsomming van die werk wat bespreek gaan word, dan volg die bespreking, en aan die einde is vrae.

Dit is vir my baie belangrik dat gewone mense 'n kans kry om biddend maar ook denkend met die inhoud te werk. Vir die rede stel ek voor dat u byvoorbeeld een hele byeenkoms afstaan om net te fokus op die opsomming van die hoofstuk.

Selgroepe en gesinne kan deur hierdie interaktiewe boek werk.


Beskrywing van die boek

Formaat: PDF (elektronies)
Bladsye: 69
Uitgewer: Aucklandpark Teologiese Seminarium
Prys:

  • 1 kopie vir jouself en jou gesin (R80)
  • Tot en met 5 kopieë vir jou selgroep (R160)
  • Tot en met 10 kopieë vir jou selgroep (R240)
  • Tot en met 15 kopieë vir jou selgroep (R320)

Die outeur

Prof W.J. Hattingh is die Rektor van Aucklandpark Teologiese Seminarium (ATS) en Hoof van die Praktiese Teologie departement.


Koop die PDF nou →