In ‘n langer artikel (hier beskikbaar) word gekyk na die vraag: Gaan die doop in die Heilige Gees gepaard met die spreek in tale? ’n Tweede vraag wat noodwendig is: Wat is die sin van die spreek in tale?
Hier volg ‘n kort opsomming van die artikel.
This article is also available in English.
Opsommend: Kom ons sê weer waar pas “tale praat”, of te wel wat is die sin van spreke in tale ten opsigte van die doping in die Heilige Gees:
Tale praat is nie ’n teken van die doop in die Heilige Gees nie, dit is soos reeds gesê, meer as dit. Tale praat is die spontane, begeleidende reaksie van die gelowige op die doping in die Heilige Gees. Dit is die fisiese uitdrukking van die “oorvloei”, die “oorloop”, die “strome van lewende water”. ‘n Voortdurende vloei van die teenwoordigheid van die Skepper God in aksie in die gelowige tydens en na die ervaring van die doop in die Heilige Gees. Dit is die gelowige se spontane oorgawe aan, sy in die hand plaas van, en die konkrete en waarneembare werking van die Gees van God in sy lewe. Hierdie belewenis en proses word in die Bybel beskryf as praat met God oor sy “verborgenheid”: waarheid en belewenis van God se onbeskryflike almag en intense naby liefde, wat bo menslike begrip of verstand is. ’n Deelname van die gelowige deur en saam met die Gees wat hom op reis neem van slaaf tot kind van God, tot mede-erfgenaam saam met Christus. Spreek in tale is niks minder as ’n deelname aan die krag en heerlikheid van die opgestane Christus op die troon nie.
Continue reading


