Esegiël hoofstuk 18 is ’n baie besondere hoofstuk in verband met stryd en lyding in ’n gelowige se lewe. Maar let veral op die volgende verse:
Continue readingVerse 1-3; 20; 31-32:
Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: Die Vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword?
So waar as Ek leef, spreek die Here my God, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om dié spreekwoord in Israel te gebruik nie.
Die siel wat sondig, dié moet sterwe, die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie, die geregtigheid van die regvredige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.
Werp julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle weg en maak vir julle ’n nuwe hart en ’n nuwe gees, want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel?
Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here my God: Bekeer julle dan en lewe.