Inleiding
Die vraag waaroor hierdie artikel gaan, is: gaan die doop in die Heilige Gees gepaard met die spreek in tale? ’n Tweede vraag wat noodwending hiermee saamgaan, is: wat is die sin van die spreek in tale? Die antwoord op dié twee vrae mag die wonder en krag van die doop in die Heilige Gees na vore laat kom.
Die vraag gaan nie oor: het die gelowige, wat nie die ervaring het om in tale te praat nie, wel die Heilige Gees? Uit die aard van wat ’n gelowige is, het alle gelowiges (hulle het immers vir Jesus aangeneem) die Heilige Gees in hulle lewens. Vanuit die Bybelse waarheid kan daar nie ’n persoon wees wat Jesus as sy persoonlike saligmaker aangeneem het, sonder die werking van die Heilige Gees in sy lewe nie. Hoe anders sou Jesus teenwoordig en werksaam in sy lewe wees? Indien ’n gelowige sonder die Heilige Gees sou wees, kan selfs gevra word of ’n weergebore persoon sonder die eerste persoon in die Drie-eenheid, die Vader, is? Dit gaan inderdaad om die vraag oor die Drie-enige God se teenwoordigheid in ’n gelowige se lewe. Ons lees immers: “… want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer” (Fil 2:13). Die aanname is dat God al die pad deur sy Gees in ’n weergebore persoon werksaam is.
Continue reading