Prof Jan Hattingh het tydens Pinkster naweek by Christensentrum AGS Elspark gesels oor die Doping in die Heilige Gees.

Die gesprekke bestaan uit 4 videos wat almal hieronder ingesluit is. Hulle kan gekyk word en gebruik word in selgroup besprekings.

Besprekingsvrae is hieronder ingesluit by deel 3.

Ons het ook ‘n hulpmiddel hoe om selgroep byeenkomste te fasiliteer.

Deel 1

Deel 1 – Die heilshistoriese wortels van die doping in die Heilige Gees soos ons dit in Handelinge 2 vind.

Deel 2

Deel 2 – Die Heilige Gees werksaam in Jesus se lewe.

Deel 3

Deel 3 – Jesus se gesprek oor die Heilige Gees gedurende die nag wat Hy verraai is.

Fasilitering van deel 3 in ‘n selgroep

Nota: Die video is lank maar die gesprek eindig ongeveer by 49 minute waarna daar ‘n vrae en antwoord sessie volg.  Jy kan die video op 1.25 spoed kyk om dit binne die tydsbestek te kan behandel.  Dit is egter ‘n baie belangrike gesprek wat ons dink jy en jou mense moet hoor.  Dit mag ook wees dat jy die video weer op ‘n opvolgbyeenkoms wil kyk en vir hierdie rede het ons twee besprekingsvrae opgestel.  Moet nie bang wees om inhoud te herhaal nie. Dit vat ‘n tydjie vir ons om regtig God se wêreld te verstaan en daarom help dit ons om gesprekke te herhaal. Vra aan die selgroeplede om, terwyl hulle kyk, notas te maak van wat dit beteken dat die Heilige Gees in ons kom woon.

Oorsig van deel 3

Die gesprek in deel 3 handel oor Jesus se opmerking oor die doping met die Heilige Gees die nag voordat Hy gekruisig sou word.  Hierdie nag se gebeure en gesprekke word baie mooi vir ons beskryf in Johannes 13 -17. 

Jesus het geweet dat Sy groot lyding en kruisiging voor die deur was en hy het baie indringend en intiem tyd saam met sy vriende spandeer (Johannes 15:14,15).  As ons die konteks verstaan dan sal ons verstaan dat hierdie hoofstukke kardinale inligting en beskrywings vir ons bevat.  Hierdie is die intieme sake wat Hy met die naaste aan hom baie sorgvuldig bespreek (ons is ingesluit hierby – sien Jesus se gebed in Johannes 17:20)

Uitkomste vir die Bybelstudie

Dat die groeplede aan die einde van die gesprek:

  • sal verstaan hoe wonderlik, aktueel en naby die doping met die Heilige Gees vir elke gelowige is,
  • ‘n honger sal ontwikkel vir die doping met die Heilige Gees, en
  • voortdurend die werking van die Heilige Gees en spreek in tale in hulle lewens sal nastreef.

Besprekingsvrae

  1. In Johannes verwys Jesus na die doping in die Heilige Gees as “by ons” wat ‘n “in ons” word. (Sien video by ongeveer 33 minute).  Bespreek in die groep die implikasies hiervan. Kyk ook na Paulus se twee gebede in Efesiërs 1:17-20 en 3:14-21 om beter te verstaan wat die implikasies of die funksie van hierdie “in ons” is.
  2. Die opmerking word gemaak dat daar nie ‘n “halo” om die mense van die Bybel is nie. (Video ongeveer 32 minute). Ons het dieselfde evangelie, dieselfde opdrag, en ons baklei dieselfde bose as hulle. 
    1. Wat is die gevaar as mens dink dat die mense in die Bybel ‘n “halo” om hulle het en dat ons nie is soos hulle nie?
    2. Ons baklei dieselfde bose as hulle – dit mag selfs wees dat die boosheid vandag groter is. Wat is die implikasie hiervan ten opsigte van die doping met die Heilige Gees?

Deel 4

Deel 4 – Die Heilige Gees as genadegawe.