{"id":526,"date":"2020-04-08T10:35:27","date_gmt":"2020-04-08T08:35:27","guid":{"rendered":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/?p=526"},"modified":"2020-04-15T17:10:31","modified_gmt":"2020-04-15T15:10:31","slug":"stryd-en-lyding-in-n-gelowige-se-lewe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/stryd-en-lyding-in-n-gelowige-se-lewe\/","title":{"rendered":"Stryd en lyding in \u2018n gelowige se lewe"},"content":{"rendered":"\n<p>Esegi\u00ebl hoofstuk 18 is \u2019n baie besondere hoofstuk in verband met stryd en lyding in \u2019n gelowige se lewe. &nbsp;Maar let veral op die volgende verse:<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p>Verse 1-3; 20; 31-32:<\/p><p><em>Verder het die woord van die Here tot my gekom en ges\u00ea: <\/em><\/p><p><em>Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: &nbsp;Die Vaders het groen druiwe ge\u00ebet, en die tande van die kinders het stomp geword?<\/em><\/p><p><em>So waar as Ek leef, spreek die Here my God, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om di\u00e9 spreekwoord in Israel te gebruik nie.<\/em><\/p><p><em>Die siel wat sondig, di\u00e9 moet sterwe, die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie, die geregtigheid van die regvredige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.<\/em><\/p><p><em>Werp julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle weg en maak vir julle \u2019n nuwe hart en \u2019n nuwe gees, want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel?<\/em><\/p><p><em>Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here my God: Bekeer julle dan en lewe.<\/em><\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<!--more-->\n\n\n\n<p>Hierdie gedeelte wat jy gelees het, is\nEsegi\u00ebl se woorde aan die Israeliete wat saam met hom in Ballingskap was. &nbsp;Hulle was vir 70 jaar in ballingskap voordat\ndie eerste ballinge begin terugkeer het na Israel. &nbsp;In hierdie tydperk is \u2019n nuwe geslag in Babel\ngebore, en het in die \u201cvreemde land\u201d grootgeword.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit was vir hulle baie moeilik, hulle kultuur, taal en godsdiens was onderdruk. &nbsp;Hulle het gevoel dat hulle te na gekom was, en was bitter ongelukkig. &nbsp;Ons lees byvoorbeeld in Psalm 137:1-2; 4: <\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>By die riviere van Babel, daar het ons gesit, en ons trane het gevloei as ons aan Sion dink<\/em><\/p><p><em>Aan die wilgerbome in daardie land het ons ons liere opgehang. &#8230; Hoe kan ons die lied van die Here in \u2019n vreemde land sing?<\/em><\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Hulle het boonop gevoel dat dit nie hulle\nskuld is, vir die toestand waarin hulle is nie. &nbsp;Dit is nie hulle wat gesondig het nie, dit was\nhulle ouers wat ongehoorsaam aan die Here was en daarom as straf in ballingskap\nweggevoer is. &nbsp;Hulle is onskuldig, hulle\nwas in die vreemde land gebore!&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Die vraag aan Esegi\u00ebl was: &nbsp;Hoekom moet hulle nou die gevolge van hulle voorgeslag se sondes dra? &nbsp;Met ander woorde, wat gebeur het, is dat hulle ouers nie net teenoor die Here gesondig het nie, maar ook teenoor hulle. Daarom het die spreekwoord ontstaan wat in vers 2 voorkom:<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>Die Vaders het groen druiwe ge\u00ebet, en die tande van die kinders het stomp geword?<\/em><\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Hoe geldig hulle ookal gedink het hulle\nargument was, was die Here nie daarmee be\u00efndruk nie; &nbsp;vers 3 s\u00ea:<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>So seker as wat Ek leef s\u00ea die Here my God, julle sal nie meer die spreekwoord in Israel gebruik nie.&nbsp; <\/em><\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Wat Israel hier\ngedoen het, is so oud soos die gebeure in die tuin van Eden self.<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer jy stryd en\nlyding ervaar of ongelukkig is, blameer jy iemand anders daarvoor.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Blaamverskuiwing en\nverwyte los egter geen probleem op nie. &nbsp;Die\nboodskap van hierdie Skrifgedeelte is: &nbsp;Die\nvraag wat God van jou vra is nie in die eerste instansie waarom jy in die\ntoestand is waarin jy is nie, maar wat doen jy daaromtrent?&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Daarom die baie\nduidelike woorde in die res van hierdie gedeelte:<\/p>\n\n\n\n<p>Vers 20:&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>&#8230; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie, die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.&nbsp; <\/em><\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Vers 31-32:<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>Kry \u2019n nuwe hart, en \u2018n nuwe gees. &#8230; Bekeer julle dan en lewe.<\/em><\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>Stryd en lyding is onvermydelik<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>Die stryd en lyding\nwat die Israeliete hier beleef het, beleef ons ook, net in ander gestaltes. &nbsp;Dit is onmoontlik om deur hierdie lewe te gaan\nsonder stryd, pyn en seer. &nbsp;Daarvoor is\ndie werklikheid te gebroke, en is die realiteit van sonde en die Bose te groot.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Mense gaan teen jou sondig en dit gaan jou seermaak, net soos die Israeliete teen hulle nageslag gesondig het. &nbsp;Jy kan ook (net soos die nuwe geslag ballinge) jou stryd en lyding verdiep deur verkeerde en sondige besluite of dade. \u2019n Soort van rebellie teenoor dit wat die Here van jou verwag, en eerder jou eie kop te volg.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit kan ook gebeur\ndat iets onverstaanbaar oor jou kom, en baie stryd en pyn veroorsaak.&nbsp; &nbsp;Dikwels het jy nie antwoorde nie. &nbsp;Feit is egter, om iemand of iets te soek om\ndie blaam te dra, gaan nie die pyn wegneem nie \u2013 <em>ander het groen druiwe ge\u00ebet en nou is my tande stomp<\/em>. &nbsp;Breek vir goed met daardie roete. &nbsp;God het geen simpatie met so \u2019n gesindheid\nnie. <\/p>\n\n\n\n<p>Die kernvraag is\nnie: &nbsp;Waarom? of Hoekom? nie \u2013 dit is\nsekond\u00ear. &nbsp;Dikwels is daar geen antwoord\nop die <em>waarom <\/em>en <em>hoekom <\/em>vraag nie. &nbsp;God se\nvraag is: &nbsp;Wat maak jy met die pyn of die\nomstandighede waarin jy jou bevind? &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Vers 31-32<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>Kry \u2019n nuwe hart, en \u2019n nuwe gees. &#8230; Bekeer julle dan en lewe.&nbsp; <\/em><\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Bekeer jou van blaamverskuiwing, dien die Here en doen wat Hy van jou verwag. Dit is die pad na lewe! &nbsp;Byvoorbeeld: As iemand jou van \u2019n skip die see in stamp en \u2019n reddingsgordel word na jou uitgegooi, gaan jy nie oorleef deur jou onskuld te bepleit en die oortreder te blameer nie. &nbsp;Vat die lewensgordel al is jy onskuldig in die see!&nbsp; &nbsp;Hierdie lewensgordel is Christus en dit wat Hy vir jou gedoen het en jou leer om te doen.<\/p>\n\n\n\n<p>Die Here verwag van\nons om die probleem te hanteer en te oorwin. &nbsp;As jy self verantwoordelik is vir jou stryd en\npyn, is daar vergifnis by God, bely jou skuld, kry vergifnis en leef vir die\nHere. &nbsp;As God jou vergewe het, vergewe ook jouself.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>As jy stryd en\nlyding het omdat jy teenoor \u2019n ander gesondig het, is aar ook vergifnis\ndaarvoor by God. &nbsp;Maak ook reg teenoor\ndie een teenoor wie &nbsp;jy gesondig het, vra\nook daar vergifnis. &nbsp;Dit is die eerste\nstap op die weg na oorwinning en lewe. &nbsp;Die\nprobleem is natuurlik dat vergifnis, hoe belangrik dit ookal mag wees, nie\naltyd jou seer en pyn wegneem nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Die vraag bly: Wat maak jy met jou stryd en lyding \u2013 ongeag hoe dit deel van jou lewe geword het? &nbsp;Paulus skryf van baie stryd en lyding wat hy ervaar het, en dan s\u00ea hy in Romeine 8:37<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.<\/em><\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Hoe kan jy soos\nPaulus meer as oorwinnaar wees? &nbsp;Ek moet\nerken &#8211; dit is makliker ges\u00ea as gedaan. &nbsp;Dit\nsal egter belangrik wees om in di\u00e9 verband eerstens na God self te kyk.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>God en oorwinning<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>Die woord\n\u201coorwinning\u201d is in die Bybelse tyd op \u2019n tweeledige wyse verstaan.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>\u2019n Koning\nkon sy vyand oorwin deur almal met die banvloek te tref en dood te maak <\/li><li>Hy kon\nhulle ook oorwin deur van hulle sy diensknegte te maak, soos die koning van\nBabel met Israel gedoen het soos in Esegi\u00ebl 18 gereflekteer word.<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Hierdie tweeledige\nwyse van oorwinning is ook kenmerkend by God as dit gaan oor die mag van die\nBose. &nbsp;Op hierdie stadium is die Bose \u2019n\noorwonne vyand deurdat hy die dienskneg van God (en die gelowiges) geword het. &nbsp;Maar daar kom ook \u2019n dag wat die Here die Bose\nen al sy navolgers met die banvloek sal tref, en almal sal uitwis.<\/p>\n\n\n\n<p>Stryd, pyn en\nlyding is altyd direk of indirek aan die Bose gekoppel, daarom sal daar in die\nHemel geen pyn en lyding of stryd wees nie. &nbsp;Nou het ons egter nog steeds met die Bose en\ndie vrug van die sonde te doen, en soos God dit oorwin deur dit op hierdie\nstadium Sy dienskneg te maak, so moet ons dit ook oorwin deur dit ons dienskneg\nte maak in Christus. &nbsp;Dit is die manier\nwaarop ons, soos Paulus, meer as \u2019n oorwinnaar kan wees.<\/p>\n\n\n\n<p>Victor Frankl, \u2019n\nOostenrykse Psigiater wat weens sy Joodse agtergrond tydens Hitler se bewind\ngevange geneem was en wie se vrou doodgemaak is, het eenmaal hierdie baie\nbelangrike, maar ook baie eenvoudige stelling gemaak:<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>Lyding en pyn sonder sin en betekenis is gelyk aan wanhoop<\/em><\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Maar<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>Lyding en pyn met sin en betekenis is gelyk aan hoop<\/em><\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Lyding, pyn en\nstryd word jou dienskneg as jy daarin slaag om dit sin en betekenis te laat kry\ntot verheerliking van God en tot voordeel van jou geestelike groei.<\/p>\n\n\n\n<p>God is ons norm en\nvoorbeeld wat dit betref. &nbsp;Die volgende\npaar gevalle kan as voorbeelde in di\u00e9 verband dien: <\/p>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">Die sondeval: <\/h3>\n\n\n\n<p>Op die oog af lyk\ndit of die duiwel vir God met die sondeval \u2019n geweldige hou toegedien het. &nbsp;En die sondeval was inderdaad \u2019n tragiese\ngebeure.<\/p>\n\n\n\n<p>Die Bybel s\u00ea in Gen\n6:5-6<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>Toe die Here sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en dat hy sy lewe lank net slegte dinge bedink, was die Here bedroef dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.<\/em><\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Maar let op hoe God\ndit hanteer het. &nbsp;God het die sondeval in\nSy diens gestel deur dit te gebruik om dimensies van Sy liefde, goedheid,\ngeregtigheid en genade aan ons bekend te maak wat ons andersinds nooit sou\ngeken het nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Met ander woorde\ndie sondeval het meegbring dat God tot nog groter heerlikheid gekom het as wat\nsou gebeur het as die sondeval nie plaasgevind het nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Ook staan God se\nbruid nou met groter heerlikheid voor Hom as Adam en Eva voor die sondeval. &nbsp;Dit is \u2019n bruid wat ten spyte van versoekings\nen aanslae van die Bose steeds aan die Here getrou gebly het. &nbsp;Immers, om getrou te bly aan iemand sonder\nenige versoekinge s\u00ea nie veel nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">Farao se sondige en verharde hart: <\/h3>\n\n\n\n<p>Farao het hom laat\ngebruik as \u2019n instrument in die hand van die Bose om verset te bied teen die\nplan van God met die Israeliete, en gevolglik wou hy hulle nie laat trek nie. &nbsp;God gebruik egter hierdie verset as dienskneg\nom vir Sy volk te wys hoe magtig Hy werklik is, en een plaag na die ander volg\n\u2013 tot uiteindelik ook die dood van Farao se eersgeborene. &nbsp;Satan het met ander woorde meegehelp dat\nIsrael die Here se mag leer ken het en gevolglik geen rede gehad het om aan Sy\nmag en heerskappy te twyfel nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">Wonderwerke:<\/h3>\n\n\n\n<p>Jy kan gerus gaan\nkyk; &nbsp;elke wonderwerk in die Bybel is\nvoorafgegaan met \u2018n krisis, en krisisse is as gevolg van die sondige en gebroke\nw\u00eareld waarin ons leef. Krisisse wat stryd en pyn veroorsaak het. <\/p>\n\n\n\n<p>God stel egter\nhierdie krisisse in Sy diens om Sy almag te openbaar, maar meer nog, Hy gebruik\ndit ook as flitsende demonstrasies van ons toekomstige hemelse werklikheid.&nbsp;\n<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer Hy \u2019n sieke\ngesond maak, is dit \u2019n teken en boodskap aan ons dat daar geen siekte in die\nhemelse heerlikheid sal wees nie&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer Hy \u2019n\nhongerige skare voed, is die boodskap dat daar in die hemel geen honger sal\nwees nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer Hy die\nstorm stil maak, dui dit daarop dat in die nuwe hemel en aarde die natuur die\nmens nie meer sal bedreig\nnie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer God Israel\nse vyande oorwin, vertel dit aan ons dat die hemel \u2018n plek van vrede sal wees.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer Hy \u2019n dooie\nopwek, wys dit op \u2019n toekoms waar die dood uitgewis sal word.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ook die dood self\nhet Hy diensbaar aan Hom gestel. &nbsp;Die\ndood is God se dienskneg om die gelowige vir altyd te bevry van die Bose, en\ndie ewige lewe te laat be\u00ebrwe. &nbsp;Dit is\nook sy dienskneg om die ongelowige te arresteer en die nodige straf op te l\u00ea.\nSo bly God die heerser oor alles wat is.&nbsp;&nbsp;\n<\/p>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">Kruisiging:<\/h3>\n\n\n\n<p>Vandat die Here in\ndie vlees gebore is, het Satan in sy haat teenoor God, probeer om Christus om\ndie lewe&nbsp; te bring. &nbsp;Dit gebeur uiteindelik aan die kruis. &nbsp;Christus se dood is \u2019n donker aanklag teen die\nmens se sondige gesindheid wat die duisternis liewer gehad het as die lig. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is \u2018n gebeure\nwat vir God baie pyn veroorsaak het. &nbsp;Tog\nword Christus se dood, God se dienskneg om die slang (Satan) se kop te\nvermorsel, en aan die mens saligheid te skenk.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie is die\npatroon wat hom aanhoudend in die Bybel herhaal. &nbsp;Daar is nog baie voorbeelde. &nbsp;Ek vermoed Satan moet \u2019n baie gefrustreerde\nwese wees, want alles wat hy doen en veroorsaak het, oorwin God deur dit sy\ndienskneg te maak tot verheerliking van Sy Naam.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Jy wat in Christus\nis: God is aan jou kant, en\nin Hom kan jy, net soos Hy, meer as \u2019n oorwinnaar wees. &nbsp;Natuurlik is dit nie altyd so eenvoudig om sin\nen betekenis in lyding en pyn te vind, en daardeur dit jou dienskneg te maak\nnie, maar deur die leiding van die Heilige Gees is dit moontlik.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>Die Christen en Lyding<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>Soms gebeur dit dat\ndie Here pynvolle dinge in jou lewe toelaat, juis om jou \u2018n triomferende en\nmooi mens te maak. &nbsp;Langenhoven (SA\nskrywer), het eenmaal tereg ges\u00ea:<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>Die woestyn lyk soos dit lyk, omdat dit altyd mooi weer het<\/em>.<\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>As dit in hierdie\nlewe net altyd met jou goed gaan, loop jy die gevaar om in jou gees soos \u2019n\nwoestyn te word.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Hier is \u2019n paar\naanduidings van hoe stryd, lyding en pyn in Christus verwerk kan word en nie\ndeur blaamverskuiwing onderdruk word nie. Hierdie aanduidings is in \u2019n sekere\nsin van die woord \u2019n veralgemening omdat stryd en lyding gewoonlik baie uniek\nen eiesoordtig in \u2019n gelowige se lewe is. &nbsp;Om te veralgemeen is egter onvermydelik in di\u00e9\nverband. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Stryd en lyding moet jy sien as \u2019n geleentheid om jou stand vir Christus en die evangelie te neem.<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Die vroegste kerk\nhet deur vervolging baie stryd, lyding en pyn ervaar, en tog aan die Here\ngetrou gebly. &nbsp;Die gevolg is dat \u2019n\ngetuienis uitgedra is wat selfs die hardste sondaars oorweldig het.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit is die rede\nwaarom die kerk in daardie tyd so fenominaal gegroei het. &nbsp;Daar het \u2019n spreekwoord ontstaan wat ges\u00ea het:<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>Die bloed van die martelare is die saad van die Kerk<\/em><\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Jy sal ook onthou\nhoe die Here sy stryd en pyn aan die kruis hanteer het, en vir Sy vyande gebid het. &nbsp;Die gevolg was dat die Romeinse hoofman oor\nhonderd spontaan bely het:&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p><em>Matteus 27:54: &nbsp;Hierdie man was werklik die Seun van God.<\/em><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>As jy aan die Here getrou bly, sonder blaamverskuiwing en verwyte, sal jy ook agterkom dat stryd en pyn by jou \u2019n innerlike krag ontwikkel, en geestelike waardes sterker na vore bring.&nbsp; <\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Dit maak dat elke aanslag teen jou omskep word in \u2019n oorwinning vir God se saak. &nbsp;Satan het gemeen dat deur Paulus in die tronk te laat beland hy hom sal stil maak en die Evangelieboodskap sal smoor. &nbsp;Maar toe Paulus in die tronk beland toe skryf hy die meeste briewe wat vandag die NT uitmaak.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ook in die tronk\nhet hy geleentheid gekry om die evangelie aan die keiserlike lyfwag te\nverkondig, wat hy andersinds nie sou kon doen nie. &nbsp;Geen wonder dat hy oor sy gevangenisskap aan\ndie Filippense skryf:&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Filippense 1:12 &nbsp;<em>\u201cEk wil\nh\u00ea julle moet weet, broers, dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van\ndie evangelie bevorder het.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Jy sal ook\nagterkom, om stryd en pyn met blymoedigheid te verdra \u2013 immers, blydskap is \u2019n\nvrug van die Gees, nie van omstandighede nie \u2013 word \u2019n bron van inspirasie vir\nandere om met groter vertroue en waagmoed stand te neem vir die Here en Hom te\ndien \u2013 veral vir jong\nChristene. <\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Ek het as \u2019n jong leraar een van my lidmate gereeld in die hospitaal besoek \u2013 \u2019n ouerige dame. &nbsp;Sy het rugmurgkanker ontwikkel wat na haar brein versprei het. Sy het gevolglik blind geword en baie pyn verduur voordat sy doodgegaan het. Tog was daar altyd by haar \u2019n innerlike blydskap wat deur geen siekte gekeer kon word om na buite te straal nie! &nbsp;Ek het gegaan om haar te bemoedig, maar ek was telkens die een wat bemoedig van haar weggegaan het! &nbsp;Sy het my weer eens laat besef dat God se teenwoordigheid en die vrug van sy Gees in \u2019n mens \u2019n groot werklikheid is!&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Pyn in jou\nlewe kan ook \u2019n wonderlike gebeure word wat jou nader aan die Here bring. <\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Jy het natuurlik ook die keuse om soos Job se vrou, God te vloek en in rebellie jou eie koers te gaan. &nbsp;Maar as jy juis na die Here bly gaan vir beskerming en vertroosting, het dit presies die teenoorgestelde effek as wat die Bose gehoop het om te bereik, en sal hy sy aanslae stop. &nbsp;Dit is dan wat stryd en lyding juis jou verhouding met die Here verinnig en jou gevolglik \u2019n besondere mooi en sterk mens maak.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Dit is ook so dat stryd en pyn \u2019n gelowige help om sy visie meer en meer op die ewige te stel.&nbsp; <\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Teleurstelling,\nswaarkry en pyn help jou om perspektief te kry oor hoe hierdie w\u00eareld regtig is\nen die ook die regte prioriteite na te streef. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Paulus skryf in 2\nKr. 4:16-18<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie.<\/em><\/p><p><em>Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons dag na dag vernuwe.<\/em><\/p><p><em>Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op \u2019n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.<\/em><\/p><p><em>Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; <\/em><\/p><p><em>Want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.\u201d<\/em><\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Van die innerlik\nlelikste mense op die aarde is di\u00e9 wat deur stryd en lyding gegaan het, maar\ndit op \u2019n goddelose manier hanteer het. &nbsp;Dit\nis verbitterde en depressiewe mense. Van die innerlik mooiste mense op die\naarde, is di\u00e9 wat stryd en lyding volgens die wil van God hanteer het. &nbsp;Dit is wyse en blymoedige mense. <\/p>\n\n\n\n<p>Wat gebeur wanneer stryd\nen lyding op \u2019n Bybelse manier hanteer word, is dat dit \u2019n oorwinning van die gees oor die vlees meebring, van die\nonsigbare bo die sigbare dinge, en van die ewige oor die tydelike.&nbsp;&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>So word jy ook in \u2019n\ngroot mate immuun teen die verleiding van hierdie w\u00eareld. &nbsp;Jy ken die pyn en teleurstelling wat dit kan\nbring. &nbsp;En so word jy van jou grootste\ngevaar beskerm (nie stryd en lyding nie).&nbsp;\nMaar verbroedering met die w\u00eareld, dit maak jou geestelik dood!<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Een van ons\ngrootste versoekinge tydens stryd en lyding is dat ons te\nveel op die vlees vertrou en vleeslik sterk wil wees.&nbsp; <\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Hoe swakker jy\nvleeslik word as gevolg van stryd en lyding, des te meer sal jy as gelowige vind\nhoe ho\u00ebr die onvernietigbaarheid van jou gees opvlam. &nbsp;Want dit is dan wat jy baie afhanklik van die\nHere word.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit is wat Paulus\nbedoel met sy woorde in 2 Kor 12:10<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.\u201d<\/em><\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Jy word soos \u2019n\nleeu, as jy verwond is, jy is op jou gevaarlikste vir jou vyand!&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Stryd en\nlyding en pyn in jou lewe kan jou dienskneg word om werklik eenheid tussen jou\nen die Here te bring. <\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Byvoorbeeld: <\/p>\n\n\n\n<p>Deur die ontrouheid\nvan jou huweliksmaat wat soveel pyn kan bring, en dit so moeilik maak om te\nvergewe, veral omdat hy of sy die skuldige is, maar jy wat onskuldig is die\nmeeste pyn beleef, het jy die voorreg (soos geen ander nie) om met Christus een\nte word.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Een in sy pyn oor\njou, en jou ontrouheid aan Hom deur jou sonde. &nbsp;Jy kan nou iets ervaar van wat Christus ervaar\nhet oor jou ontrouheid, en hoe hy jou vergewe het! &nbsp;Dit maak dat jou liefde vir die Here nog\ngroter kan word, en jou vergifnis meer eg kan word. &nbsp;En dat jy met groter huiwering aan die Here\nontrou sal wees.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit maak ook dat as jy \u2019n dierbare, veral \u2019n kind deur die dood verloor het, die voorreg het om iets te ervaar oor hoe God die Vader gevoel het toe Hy sy Kind op so \u2019n wrede manier aan die dood moes oorgee. &nbsp;En Hy was bereid om dit te doen vir jou redding!&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Verder gebeur dit\nook dat as mense teen jou sondig, of as jy verwerping ervaar,&nbsp; jy die voorreg het om ook daarin met Christus\neen te word. As daar ooit iemand was teenoor wie gesondig is en wat aanhoudende\nverwerping moes beleef het, dan was dit die Here. &nbsp;Ook van jou!&nbsp;\n<\/p>\n\n\n\n<p>Soms voel jy dat jy n\u00earens inpas nie, niemand verstaan jou regtig nie, en dat jy baie alleen is. &nbsp;Christus was seker die Een wat die meeste behoefde gehad het aan begrip en aanvaarding. &nbsp;Hy was \u2019n baie alleen mens. Tog het dit hom nie verhinder om voluit te leef en sy Goddelike roeping te vervul nie. Jy kan ook! &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Buitendien gee\nRomeine 8:17 ons hierdie belofte en versekering:<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p>&#8220;<em>Aangesien ons deel het aan Sy lyding, sal ons ook deel h\u00ea aan Sy heerlikheid.<\/em>&#8220;<\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Jy is nie \u2019n\nslagoffer van trauma wat in jou verlede gebeur het of wat mense jou aangedoen\nhet nie. &nbsp;Natuurlik kan jy nie wat gebeur\nhet verander nie, maar met God kan jy die verlede hanteer en oorwin. &nbsp;Jy het \u2019n toekoms, moenie handoek ingooi en\ndie wit vlag hys nie.<\/p>\n\n\n\n<p>As jy geen toekoms\ngehad het nie, sou die Here jou lankal geneem het. &nbsp;Die feit dat jy lewe, s\u00ea dat die Here nog \u2019n\nplan en doel met jou lewe het. &nbsp;Dit is\nnatuurlik ook so dat dit soms God self is wat jou deur baie moelike\nomstandighede stuur. &nbsp;Onthou egter, Sy\nreinigende vuur in jou lewe vernietig nie, dit reinig!<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Getrouheid\naan die Here maak dat stryd en lyding dikwels die voorspel tot verhoging en eer\nis.<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Josef het deur baie\nstryd en lyding gegaan, en streng gesproke was hy onskuldig daarin gedompel. &nbsp;Hy kon maklik die spreekwoord aangehaal het: <em>Die vaders (ander mense) het groen druiwe\nge\u00ebet en nou het die kinders (<\/em><em>Josef self) se tande stomp geword. &nbsp;<\/em>Jy lees egter nooit van enige blaamverskuiwing by Josef\nnie. &nbsp;Hy het in dit alles getrou aan die\nHere gebly en in geregtigheid gelewe. &nbsp;Die\nuiteinde was dat hy buitengewoon verhoog was \u2013 hy was aangestel as tweede in\nbevel van Egipte.<\/p>\n\n\n\n<p>Christus se vleeswording en sterwe het gepaard gegaan met groot stryd en lyding, maar in dit alles het Hy getrou en gehoorsaam aan sy Vader gebly: <\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>Daarom het God Hom uitermate verhoog en \u2019n naam bo elke naam gegee. <\/em>.&nbsp; <\/p><cite>Filippense 2:9<\/cite><\/blockquote>\n\n\n\n<p>As jy getrou die\nHere bly dien ten spyte van stryd en lyding, sal jy ook saam met Christus\nverhoog word. &nbsp;Dit sal in die ewigheid\ngebeur, maar dit kan ook hier op aarde gebeur, soos met Josef. &nbsp;Verwag\ndit in geloof. <\/p>\n\n\n\n<p>Met ander woorde,\nin dit alles kan stryd, lyding en pyn in jou as gelowige \u2019n dienskneg word\nwaardeur jy gelouter, geheilig en in jou gees onoorwinlik gemaak word, en\nbuitengewoon verhoog word. &nbsp;Jy kom ook al\nhoe meer agter dat jou stryd nie werklik teen vlees en bloed is nie,\nmaar teen die Bose, dit is \u2019n geestelike stryd. &nbsp;En juis daarom is jy meer as \u2019n oorwinnaar\ndeur Christus wat jou die krag gee.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Jy is bewus daarvan dat dit net \u2019n onnosele bevelvoerder is wat sy troepe in \u2019n stryd instuur wat hulle nie kan oorwin nie. &nbsp;Die Here is nie so \u2019n bevelvoerder nie. <\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.&nbsp; <\/em><\/p><cite>1 Korinti\u00ebrs 10:13<\/cite><\/blockquote>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>As God vir ons is, wie kan teen ons wees?&nbsp; <\/em><\/p><cite>Romeine 8:31<\/cite><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Na alles ges\u00ea en\ngedaan, die finale oorwinning is nie soseer wat in hierdie w\u00eareld gebeur nie,\nmaar is opgesluit in die vraag:&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>Wie gaan die laaste woord spreek? <\/em><\/p><p><em>Wie gaan in die hemel, en wie gaan in die verderf beland?<\/em><\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Dit is Christus wat die laaste woord sal spreek, \u2019n woord van ewige oorwinning, maar dit word grootliks bepaal deur wat jy met jou swaar en stryd en pyn gemaak het.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>Slot<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>Jou storie kan\nnooit wees: &nbsp;<em>Die Vaders het groen druiwe ge\u00ebet, en nou is die kinders se tande stomp<\/em>\nnie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Nee, jy is tot\nalles in staat deur Christus wat jou die krag gee \u2013 ook om oorwinnaar te wees!<\/p>\n\n\n\n<p>As jy sukkel om\nkoers te kry in jou lyding en pyn, bid vir leiding. &nbsp;Wees sensitief vir die Here se stem.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Soms wil die Here\njou deur \u2019n ander help &#8211; praat met \u2019n geestelike mens. &nbsp;Die Here het ons vir mekaar gegee om mekaar by\nte staan en op te bou. &nbsp;Daar is geen rede\nwaarom jy onder moet gaan in jou nood nie!&nbsp;\n<\/p>\n\n\n\n<p>Die volgende\ngetuienis was vir my baie kosbaar:<\/p>\n\n\n\n<p>Jerry Sandige was \u2019n\npastoor van die Assemblies of God in Noord Amerika. <\/p>\n\n\n\n<p>Getroud, met \u2019n jong tiener seun. &nbsp;Hy was ook \u2019n dosent in Teologie, en sekretaris van die Internasionale Dialoog tussen die Rooms Katolieke Kerk en die Klassieke Pinkster Beweging. &nbsp;Dit is \u2019n dialoog wat reeds baie lank op \u2019n jaarlikse basis, hoofsaaklik in Europa plaasvind. &nbsp;Dit was by hierdie dialoog wat ek Jerry ontmoet het. \u2019n Baie skrander, maar ook beskeie teoloog.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Na \u2019n aantal jare wat Jerry as sekretaris gedien het, het hy ons by een van die dialo\u00eb vertel dat hy kanker opgedoen het, bo aan die binnekant van sy neus. &nbsp;Die dokters kon nie veel vir hom doen nie. &nbsp;Bestraling sou blindheid veroorsaak, en chemoterapie sou nie veel help nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die probleem was dat die kanker versprei het na die voorkant van sy brein. Dit het geweldige hoofpyne veroorsaak. &nbsp;Hy kon later nie meer pynstillers drink nie omdat dit sy maagwand erg beskadig het. &nbsp;Inspuitings het later ook nie meer gehelp nie, en die man was dag en nag in pyn.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit het vir meer as \u2019n jaar so aangegaan, en tog het hy sy verpligtinge steeds nagekom, hy het eenmaal agter die kansel sy bewussyn verloor van pyn. Die laaste dialoog wat hy bygewoon het, het hy vir ons duidelik laat verstaan dat dit die laaste sou wees, en dat hy sou sterwe voor die volgende jaar se byeenkoms.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het na hom\ngegaan en gevra dat hy voor sy sterwe, iets moet skryf oor die sin en betekenis\nvan lyding en pyn in \u2018n Christen se lewe. &nbsp;Hy het dit gedoen en die artikel aan my gestuur.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Hy het sy artikel\nafgesluit met hierdie woorde:&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Oester is \u2019n\nklein skulpvis wat jy dikwels op die seebodem vind. &nbsp;Soms gebeur dit dat deur die deining van die\nsee \u2019n sandkorreltjie tussen die twee skulpe van die oester ingaan. &nbsp;Hierdie sandkorreltjie is \u2019n geweldige irritasie op die sagte en delikate vleis\nvan die oester.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Die oester het\negter geen meganisme om die sandkorrel uit te spoeg nie, sy enigste verweer is\nom \u2019n vloeistof af te skei wat om die korreltjie vorm om so die irritasie te\u00eb te werk. &nbsp;Hierdie vloeistof staan bekend as \u201cmother of\npearl\u201d &#8211; en dit is hoe \u2019n pragtige seep\u00earel gevorm word.<\/p>\n\n\n\n<p>My kanker, s\u00ea Jerry, was soos daardie sandkorreltjie in die oester. &nbsp;Dit was \u2019n geweldige vorm van irritasie en pyn. &nbsp;Ek het geen meganisme gehad om daarvan ontslae te raak nie, en die Here het my ook nie gesond gemaak nie. Tog was die Here deur sy Gees altyd by my. &nbsp;Die Heilige Gees was soos daardie \u201cmother of pearl\u201d wat deur hierdie kanker, van my \u2019n p\u00earel vir God gemaak het.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit het aan my lewe\ndimensies van skoonheid gegee wat ek andersins nooit sou geken het nie. &nbsp;My vrou en kind was vir my kosbaarder as ooit,\ndaar was nie tyd vir kleinlikhede, selfsug of&nbsp;\nkwade gevoelens nie. &nbsp;Die lewe was\nte mooi en te waardevol!&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Selfs die natuur, die wolkestellasies en sonsondergang was vir my mooier as ooit. &nbsp;My vriende was vir my kosbare mense, wat ek baie waardeer het. My lewe was gerig op God &#8211; die skoonheid van sy handewerk en die wonder van saligheid. &nbsp;Ek dank God dat my&nbsp; kanker nie tevergeefs was nie!&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Mag jy ook in tye van\nnood en pyn, hierdie God van die evangelie ontdek, en mag jy soos Jerry, die\nnodige insig en wysheid bekom om dit in Christus te verwerk. Mag jy gevorm word\ntot \u2019n pragtige en vleklose p\u00earel, tot voordeel van jouself en tot\nverheerliking van God.&nbsp; \n\nEsegi\u00ebl is baie duidelik\ndaaroor. &nbsp;Daar is geen rede waarom jy\ninnerlik moet sterwe nie. &nbsp;Bekeer jou tot\nGod en sy beginsels, en jy sal lewe!\n\n\n\n<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Esegi\u00ebl hoofstuk 18 is \u2019n baie besondere hoofstuk in verband met stryd en lyding in \u2019n gelowige se lewe. &nbsp;Maar let veral op die volgende verse: Verse 1-3; 20; 31-32: Verder het die woord van die Here tot my gekom en ges\u00ea: Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[14],"tags":[],"class_list":["post-526","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-dogmatics-ethics","post-preview"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v25.6 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Stryd en lyding in \u2018n gelowige se lewe - Auckland Park Theological Seminary Blog<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/stryd-en-lyding-in-n-gelowige-se-lewe\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Stryd en lyding in \u2018n gelowige se lewe - Auckland Park Theological Seminary Blog\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Esegi\u00ebl hoofstuk 18 is \u2019n baie besondere hoofstuk in verband met stryd en lyding in \u2019n gelowige se lewe. &nbsp;Maar let veral op die volgende verse: Verse 1-3; 20; 31-32: Verder het die woord van die Here tot my gekom en ges\u00ea: Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/stryd-en-lyding-in-n-gelowige-se-lewe\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Auckland Park Theological Seminary Blog\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-04-08T08:35:27+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2020-04-15T15:10:31+00:00\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Prof Francois M\u00f6ller\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Prof Francois M\u00f6ller\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"25 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/stryd-en-lyding-in-n-gelowige-se-lewe\/\",\"url\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/stryd-en-lyding-in-n-gelowige-se-lewe\/\",\"name\":\"Stryd en lyding in \u2018n gelowige se lewe - Auckland Park Theological Seminary Blog\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#website\"},\"datePublished\":\"2020-04-08T08:35:27+00:00\",\"dateModified\":\"2020-04-15T15:10:31+00:00\",\"author\":{\"@id\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#\/schema\/person\/a1436971b2111355647cd6c6380df519\"},\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/stryd-en-lyding-in-n-gelowige-se-lewe\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-US\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/stryd-en-lyding-in-n-gelowige-se-lewe\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/stryd-en-lyding-in-n-gelowige-se-lewe\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Stryd en lyding in \u2018n gelowige se lewe\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#website\",\"url\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/\",\"name\":\"Auckland Park Theological Seminary Blog\",\"description\":\"Through training and empowerment ATS aims at providing direction, light and hope to people and nations in accordance with God&#039;s will.\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-US\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#\/schema\/person\/a1436971b2111355647cd6c6380df519\",\"name\":\"Prof Francois M\u00f6ller\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"@id\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#\/schema\/person\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/a4b94b9d0e2fc883d9b0bcf040402a86?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/a4b94b9d0e2fc883d9b0bcf040402a86?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Prof Francois M\u00f6ller\"},\"description\":\"Vice-principal and head of Dogmatics and Ethics at Auckland park Theological Seminary for almost 40 years. According to him, Pentecostalism is in a precarious situation where fundamental truths are being jeopardised. Prof M\u00f6ller is of the opinion that Christ-centred, Pentecostal theological training is of vital importance.\",\"url\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/author\/mollerfp\/\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Stryd en lyding in \u2018n gelowige se lewe - Auckland Park Theological Seminary Blog","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/stryd-en-lyding-in-n-gelowige-se-lewe\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Stryd en lyding in \u2018n gelowige se lewe - Auckland Park Theological Seminary Blog","og_description":"Esegi\u00ebl hoofstuk 18 is \u2019n baie besondere hoofstuk in verband met stryd en lyding in \u2019n gelowige se lewe. &nbsp;Maar let veral op die volgende verse: Verse 1-3; 20; 31-32: Verder het die woord van die Here tot my gekom en ges\u00ea: Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land [&hellip;]","og_url":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/stryd-en-lyding-in-n-gelowige-se-lewe\/","og_site_name":"Auckland Park Theological Seminary Blog","article_published_time":"2020-04-08T08:35:27+00:00","article_modified_time":"2020-04-15T15:10:31+00:00","author":"Prof Francois M\u00f6ller","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Prof Francois M\u00f6ller","Est. reading time":"25 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/stryd-en-lyding-in-n-gelowige-se-lewe\/","url":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/stryd-en-lyding-in-n-gelowige-se-lewe\/","name":"Stryd en lyding in \u2018n gelowige se lewe - Auckland Park Theological Seminary Blog","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#website"},"datePublished":"2020-04-08T08:35:27+00:00","dateModified":"2020-04-15T15:10:31+00:00","author":{"@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#\/schema\/person\/a1436971b2111355647cd6c6380df519"},"breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/stryd-en-lyding-in-n-gelowige-se-lewe\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-US","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/stryd-en-lyding-in-n-gelowige-se-lewe\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/stryd-en-lyding-in-n-gelowige-se-lewe\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Stryd en lyding in \u2018n gelowige se lewe"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#website","url":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/","name":"Auckland Park Theological Seminary Blog","description":"Through training and empowerment ATS aims at providing direction, light and hope to people and nations in accordance with God&#039;s will.","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-US"},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#\/schema\/person\/a1436971b2111355647cd6c6380df519","name":"Prof Francois M\u00f6ller","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-US","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#\/schema\/person\/image\/","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/a4b94b9d0e2fc883d9b0bcf040402a86?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/a4b94b9d0e2fc883d9b0bcf040402a86?s=96&d=mm&r=g","caption":"Prof Francois M\u00f6ller"},"description":"Vice-principal and head of Dogmatics and Ethics at Auckland park Theological Seminary for almost 40 years. According to him, Pentecostalism is in a precarious situation where fundamental truths are being jeopardised. Prof M\u00f6ller is of the opinion that Christ-centred, Pentecostal theological training is of vital importance.","url":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/author\/mollerfp\/"}]}},"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/526"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=526"}],"version-history":[{"count":23,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/526\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":620,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/526\/revisions\/620"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=526"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=526"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=526"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}