{"id":473,"date":"2020-02-05T16:26:10","date_gmt":"2020-02-05T14:26:10","guid":{"rendered":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/?p=473"},"modified":"2020-06-02T14:13:51","modified_gmt":"2020-06-02T12:13:51","slug":"oortreffendetrap-mense","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/","title":{"rendered":"Oortreffendetrap-mense"},"content":{"rendered":"\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-1024x683.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-476\" srcset=\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-300x200.jpg 300w, https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-768x512.jpg 768w, https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-2048x1365.jpg 2048w, https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-676x451.jpg 676w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption>(unsplash\/<a href=\"https:\/\/unsplash.com\/@lucamicheli\">Luca Micheli<\/a>)<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">2 Korinti\u00ebrs 8:1-5<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p><em>Broers, ons wil h\u00ea julle moet weet van die genade wat die gemeentes in Masedoni\u00eb van God ontvang het. <\/em><\/p><p><em>Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; &nbsp;en al was hulle baie arm <\/em>[die woord wat Paulus gebruik, is \u201cdiep arm\u201d]<em>, was hulle ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. <\/em><\/p><p><em>Ek verseker julle hulle het na vermo\u00eb, ja, bo vermo\u00eb, bygedra. <\/em><\/p><p><em>Uit eie beweging het hulle by ons daarop aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening aan die gelowiges in Judea. <\/em><\/p><p><em>Dit was meer as wat ons verwag het, want eers het hulle hulleself aan die Here gegee en toe aan ons. &nbsp;Dit is soos God dit wil.<\/em><\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-group\"><div class=\"wp-block-group__inner-container is-layout-flow wp-block-group-is-layout-flow\">\n<!--more-->\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Besprekingspunte in die artikel:<\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\"><li><a href=\"#konteks\">Die konteks van die gemeente as agtergrond<\/a><\/li><li><a href=\"#habitat\">Habitat vir God se handelinge<\/a><\/li><li><a href=\"#oortreffendetrap-mense\">Hulle word oortreffendetrap-mense<\/a><\/li><li><a href=\"#genade\">Die genade van God<\/a><\/li><li><a href=\"#gemeentes\">Die gemeentes van Masedoni\u00eb gee hulleself oor aan God<\/a><\/li><\/ol>\n<\/div><\/div>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\" id=\"konteks\">1&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die konteks van die gemeente as agtergrond<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is nodig om te weet wie\ndie gemeentes in Masedoni\u00eb was en om te verstaan waarvandaan hulle gekom het ten\neinde hierdie gedeelte in die Bybel te verstaan. Die gemeentes in Masedoni\u00eb was\n\u2019n klompie gemeentes in Europa; &nbsp;gemeentes\nuit \u2019n heidense agtergrond.&nbsp; Paulus het\nin vyf verse vir ons iets vertel van hierdie gemeentes wat uit die heidendom\ntot geloof in Jesus Christus gekom het.&nbsp;\nHulle ontstaan was nie vanselfsprekend nie, hulle het nie sonder stampe\nen stote begin nie.&nbsp; Ons lees dat hierdie\ngemeentes bydraes aan die Joodse gemeentes in Jerusalem en Judea gegee het.&nbsp; Bloot hierdie feit spreek alreeds boekdele as\njy dit in die lig van hulle geskiedenis verstaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons weet dat die eerste volgelinge van Jesus, die Christene, hulle oorsprong in Jerusalem gehad het. Daar was \u2019n lekker samehorigheid onder die eerste gemeentelede.\u00a0 Hulle het al hulle goed gemeenskaplik besit.\u00a0 Daar was nie arm en ryk nie, hulle het alles gedeel en dit moes wonderlike tye gewees het.\u00a0 Elke dag het God by die gemeente gevoeg die wat gered is.\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kort voor lank lees ons van die begin van die vervolging waartydens Stefanus doodgemaak is. \u00a0Hierdie gebeure het ontvlam en \u2019n grootskaalse vervolging van die Christene het losgebars.\u00a0 Keiser Herodes het gesien dat die Jode van hierdie vervolging hou en het toe ook vir Jakobus, die broer van Johannes laat doodmaak. \u00a0Dit het tot gevolg gehad dat die nuwe Christene uit Jerusalem moes vlug, soms op die rug van \u2019n donkie en in die nag.\u00a0 Die vroe\u00eb kerk se aanvang was in Jerusalem, by hierdie mense.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In hierdie vlug het hulle\nnoordwaarts gegaan en by Antiochi\u00eb\naangekom.&nbsp; In Handelinge lees ons dat toe\nhulle in Antiochi\u00eb aangekom het hulle eers die Evangelie net aan Jode verkondig\nhet.&nbsp; Met die latere aankoms van twee\nmanne van Griekse agtergrond in Antiochi\u00eb&nbsp;\nhet hulle ook vir die heidene begin preek.&nbsp; So het die heidene in Antiochi\u00eb tot bekering\nbegin kom.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">U\nsal onthou dat die Here vir Petrus laat droom het van die laken met die onrein\ndiere wat uit die hemel neergedaal het, om so vir Petrus te oortuig om ook aan Cornelius\nen sy huis die evangelie te verkondig.&nbsp;\nBy die aanhoor hiervan, was die Jerusalem-gemeente egter baie ongelukkig\nen wou by Petrus weet hoe dit dan is dat hy saam met heidene eet, waarna Petrus\nsy optrede aan hulle verduidelik het.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die\ngesig wat Petrus gesien het, en die gebeure met Cornelius, was God se wyse om\ndie evangelie by die heidene uit te bring.&nbsp;\nMaar dit lyk egter nie of Petrus werklik hierdie sprong kon maak\nnie.&nbsp; Want toe die heidene later in\nAntiochi\u00eb tot bekering gekom het, het die Jerusalem-gemeente vir Barnabas\ngestuur om te gaan uitvind wat daar aan die gang is.&nbsp; Daar is egter \u2019n kriptiese opmerking in\nHandelinge, naamlik dat Barnabas vol van die Heilige Gees was. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met\nsy aankoms in Antiochi\u00eb was hy baie bly om te sien wat die Here daar doen.&nbsp; Hy het toe wys opgetree, hy het vir Paulus wat\nin Tarsus gewoon het, gaan haal.&nbsp; Hy het\nnou \u2019n bekeerde vriend by hom gehad wat hierdie Hellenistiese w\u00eareld geken het.\n&nbsp;Die twee van hulle het in Antiochi\u00eb\ngeleer en onderrig gegee.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op\n\u2019n dag het die Gees van die Here oor die Antiochi\u00eb-gemeente gekom en dit was\ntoe dat die Here hulle dit op die hart gedruk het om vir Paulus en Barnabas af\nte sonder en op hulle eerste sendingreis te stuur.&nbsp; Paulus en Barnabas was nie gestuur deur die\ngemeente in Jerusalem nie, maar deur die nuwe gemeente in die heidense w\u00eareld\nvan Antiochi\u00eb.&nbsp; Die verspreiding van die\nevangelie aan die heidene het dus nie uit die bakermat van Jerusalem se\ngemeente gekom nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Paulus en Barnabas het op hulle eerste sendingreis vertrek en met hulle terugkoms in Antiochi\u00eb het hulle aan die gemeente verslag gedoen. \u00a0Die gemeente in Jerusalem het hiervan gehoor en hulle laat weet dat die mense wat uit die heidendom tot bekering gekom het, besny moes word en die Sabbat asook die wet van Moses moes onderhou.\u00a0 Onmiddellik was daar beperkings op die gemeente geplaas wat nie gestrook het met redding alleen deur geloof in Jesus Christus nie.\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir die gemeentes in Jerusalem was dit moeilik om te aanvaar dat Paulus-hulle weggebreek het en saligheid slegs deur geloof in Jesus Christus aan die heidene te verkondig. Dit wil voorkom of die Jerusalem-gemeente beheer was deur Farise\u00ebrs en Jode wat gelowig geword het maar steeds aan die besnydenis en onderhouding van die wet vasgehou het.\u00a0 Dit was \u2019n poging om die verkondiging van die wonder van redding deur die genade van God in Christus in \u2019n groot wye w\u00eareld buite Israel te kaap vir \u2019n aanhangsel tot die Joodse geloof. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die\ngemeente van Antiochi\u00ebhet vir Paulus en Barnabas na Jerusalem gestuur\nom die saak daar te gaan verdedig. By daardie geleentheidd vind ons die\nHandelinge 15-vergadering waar daar besluit was dat die nuwe bekeerlinge\naanvaar word en nie besny hoef te word nie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die\nkerk in Jerusalem se doel was nie eintlik om die evangelie aan die heidene in Masedoni\u00eb\nte verkondig nie.&nbsp; God het op sy eie wonderlike\nwyse en insprake gesorg dat die gemeentes in Masedoni\u00eb tot stand gekom het, ondanks\ndie tekort aan begrip van die eerste Christene.&nbsp;\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Na\nhierdie gebeure kry ons vir Paulus en Silas wat verder wil reis om die\nEvangelie te verkondig. &nbsp;Hulle is egter\ntelkens deur die Heilige Gees verhinder, totdat \u2018n man van Masedoni\u00eb\neen nag in \u2019n droom aan Paulus verskyn het en hom gesmeek het om daarheen te\nkom. &nbsp;Hulle het dit aanvaar as komende\nvan die Here en het die volgende dag vertrek. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die eerste plek in Masedoni\u00eb\nwaar Paulus aangekom het, was Filippi.&nbsp;\nDie Filippi-gemeente was as\u2019t ware in \u2019n tronk gebore toe die bewaarder\nen sy huis tot bekering gekom het nadat Paulus en Silas geslaan was en laatnag\nin die tronk lofliedere gesing het.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat waar was van die\ngemeentes van Masedoni\u00eb, was dat\ndaar \u2018n duidelike stuk ingrype van God in hulle ontstaan was. &nbsp;\u2019n Ingrype wat hulle onafhanklik gemaak het\nvan beperkende kerklike strukture van mense wat gesukkel het om God se plan te\nverstaan.&nbsp; Daar was \u2019n deurbraak van God\nse plan om die evangelie van Jesus Christus ook na Europa en daarlangs tot die\nhele w\u00eareld te bring.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Na sy eerste sendingreis het\nPaulus kom rapporteer oor die gebeure wat onder die heidene plaasgevind het, maar\nhierdie keer het hy in sy brief aan Korinti\u00ebrs in vyf verse kripties vertel van\ndie gemeentes in Masedoni\u00eb, ons teksverse.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As mens die agtergrond verstaan, dan voel dit of jy op heilige grond staan, van God wat deurbreek sodat ek en jy vandag die goeie nuus van Jesus kan hoor.\u00a0 Byna het die Christene in Jerusalem die boodskap van die evangelie gekaap tot \u2019n evangelie wat nie sondaars met God kan versoen sonder Joodse wetsonderhouding nie (Rom 10).\u00a0 Ons lees van dieselfde stryd in die Galasi\u00ebrsbrief wanneer Paulus skryf: \u201c<em>&#8230; al was hulle (die kerkhoofde in Jerusalem) \u00a0pilare in die gemeente &#8230; aan hulle eise het ons egter nie \u2019n enkele oomblik toegegee nie, sodat die waarheid van die evangelie vir julle gehandhaaf sou word.<\/em>\u201d (Gal 2: 5).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Paulus s\u00ea in ons\nteksgedeelte twee dinge rakende die gemeentes in Masedoni\u00eb:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;Eerstens dat hulle baie verdrukking ervaar\nhet. &nbsp;Die Griekse woord wat hy gebruik\nbeteken \u201com in \u2019n noute te sit\u201d.&nbsp; Hulle\nwas in \u2019n drukgang, of word vasgekeer in benoudheid en verdrukking.&nbsp; Dit is dieselfde woord wat Jesus gebruik in\nMatteus 24 om te vertel dat daar in die laaste dae \u2019n verdrukking sal kom soos\ndaar van die begin van die w\u00eareld nog nooit was nie en nooit weer sal wees\nnie.&nbsp; As God nie hierdie verdrukking\nverkort nie sal mense dit nie oorleef nie.&nbsp;\nDie gemeentes in Masedoni\u00eb het hierdie soort verdrukking beleef.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tweedens skryf hy van hulle\narmoede. &nbsp;Die woord wat hy gebruik, is\n\u201cdiep\u201d arm.&nbsp; Nida het in sy boek \u201cMessage\nand Missions\u201d geskryf dat alle herlewingsbewegings by die armes begin het.&nbsp; Dit is die mense wat nood het wat meer ontvanklik\nvir God is.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gemeentes in Masedoni\u00eb\nwas baie arm en het groot verdrukking ervaar.&nbsp;\nAs jy dink aan hierdie nuwe gemeentes met hulle min agtergrond van die\nevangelie en van God, nuwelinge wat uit die heidendom kom, dan sal jy wil s\u00ea\n\u201cHere God, \u2019n mens mag nie met \u2019n klein boompie so maak nie.&nbsp; \u2019n Klein boompie beskerm jy, jy moet die\nnuweling vrywaar van sulke groot verdrukking en uitdagings sodat hulle net eers\nsterk kan word.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat ek wil h\u00ea u moet\nverstaan is dat hierdie situasie eie aan die Bybel se waarheid is.&nbsp; Ons hele boek is vol soortgelyke stories; &nbsp;jy het \u2019n Abraham-storie, jy het \u2019n\nJosef-storie in die tronk, jy het Moses wat op \u2019n dag s\u00ea: &nbsp;Here God vermoor my eerder want dit is nie\nbillik dat U my so laat leef nie.&nbsp; Jy het\n\u2019n Dawid wat vlug, jy het \u2019n Daniel-storie, dit is die verhale van God se volk.&nbsp; Inderdaad is die hele Bybel vol van di\u00e9 waarheid.&nbsp; As jy intrap in die nuwe Testament is dit\ndieselfde waarheid.&nbsp; Wanneer jy die boek\n2 Korinti\u00ebrs vinnig lees dan lyk dit soos \u2019n Job-boek.&nbsp; Dit is die man wat die slae kry, die man wat\ngebreek word soos \u2019n kleipot, die man wat elke dag gedood word, wat honger is\nen naak is, wat koud kry.&nbsp; Die boek is\nvol daarvan. &nbsp;Paulus skryf daarvan,\nJakobus en Petrus skryf daarvan en Jesus worstel daarmee met trane en harde\ngeroep, dit was die brood en botter van Jesus se lewe.<\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\" id=\"habitat\">2&nbsp;&nbsp;&nbsp; Habitat vir God se handelinge<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die waarheid is dat hierdie\nstorie van verdrukking en groot armoede, die HABITAT van God se mense is.&nbsp; Jy kan dit nie wegwens nie.&nbsp; Dit het niks met fatalisme te doen nie.&nbsp; Ons praat soms van \u2019n fatalis as \u2018n\n\u201csmartvraat\u201d.&nbsp; God se mense was nie uit\neie keuse Trans-Tuber-mense, mense wat in die stinkende moeraskant van Rome\nwoon omdat hulle daar wou woon nie. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie omstandighede is habitat vir God se mense vir ten miste twee redes: <strong>eerstens vir geloofsgroei<\/strong> en <strong>tweedens om gehoorsaamheid te leer<\/strong>.\u00a0 Dit gaan enkel en alleen oor hierdie twee sake. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Paulus skryf in 2 Korinti\u00ebrs 1 dat hierdie dinge met my gebeur het sodat ek nie op myself sou vertrou nie maar dat ek kan glo in God wat mag het om uit die dood uit op te wek.\u00a0 In Hebre\u00ebrs 11 lees ons van al die geloofshelde en word spesifiek in vers 6\u00a0 ges\u00ea:\u00a0 \u201c<em>As \u2019n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil<\/em>.\u201d\u00a0\u00a0 Ons lees van Jesus dat hy aan al die versoekinge, net soos ons, onderwerp was en dat hy geskree het en met trane tot God geroep het.\u00a0 Hy het tot eerbiedige gehoorsaamheid gekom deur wat Hy gely het \u2013 al was Hy God se seun.\u00a0 Daar is nie iets anders nie.\u00a0 \u00a0Dit is die Bybel se woonplek van God se mense.\u00a0 Dit is nie fatalisme nie, dit is eerder die plek waar die vonke spat, die plek waar die beitel die klip kloof! \u00a0Dit is die plek waar God in sy liefde aktief betrokke en werksaam is!\u00a0 \u00a0Dit is God se koms na ons wat in sy Seun gestalte vind om vir jou en my \u2019n egtheid en \u2019n kwaliteit te bring wat vir ewig is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Al was hulle in hulle\nkinderskoene, kon Masedoni\u00eb hierdie waarheid nooit ontsnap nie.&nbsp; Dit is waarom Paulus in sy briewe ons\nteenspoed en swaarkry, \u201cChristus-lyding\u201d noem.&nbsp;&nbsp;\nHulle moes hom nie pla nie omdat hy aan sy lyf die littekens van\nChristus gedra het en hy voltooi wat aan Christus se lyding ontbreek.&nbsp; Die habitat van God se w\u00eareld vir ons is\ndikwels nooit iets anders as juis d\u00edt\nnie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Een van die groot vloeke wat die Pinksterw\u00eareld getref het, was toe ons geleer was van voorspoedteologie \u201cprosperity\u201d.\u00a0 Hierdie denkwyse het ons uit God se denkraamwerk verwyder en ons uit God se handelinge gehaal. Paulus skryf:\u00a0 \u201c<em>Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam.<\/em>\u201d (2 Kor 4:10).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar daar is iets anders wat\ndie verse wil s\u00ea.&nbsp; &nbsp;Paulus gebruik oortreffendetrap-woorde om\nhierdie waarheid uit te lig, die waarheid wat van ons plusmense maak.<\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\" id=\"oortreffendetrap-mense\">3    Hulle word oortreffendetrap-mense<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoor wat s\u00ea Paulus oor die gemeentes in Masedoni\u00eb: \u201chulle blydskap is oorvloedig\u201d en hulle vrygewigheid is \u201coorvloedig\u201d.&nbsp; Bakster praat van \u201c<em>super abundant\u201d.&nbsp; <\/em>Die mense van wie hierbo geskryf word, is mense wat \u201c<em>super abundantly<\/em>\u201d bly en vrygewig was! <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy omskryf dit wanneer hy s\u00ea\ndaar is goed wat jy van mense kan verwag wat binne hulle vermo\u00eb is maar hierdie\nmense in Masedoni\u00eb presteer bo hulle vermo\u00eb, bo wat jy van hulle kan verwag. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jy moet Paulinies dink, hy\nis immers die man wat deur al die tronke was en wat gesing het terwyl hy in\nboeie was en sy lyf stukkend geslaan was.&nbsp;\nSo \u2019n man sou bepaalde verwagings van gemeentes gekoester het wat hy\ngestig het \u2013 en tog het hierdie gemeentes sy stoutste verwagtinge oortref.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis hoekom ek hulle \u201cplusmense\u201d noem, hulle presteer in die oortreffende trap.\u00a0 \u2019n Persoonlike brief wat Paulus aan een van hierdie gemeentes geskryf het, is die Filippense-brief waarin hy by herhaling s\u00ea \u201c<em>verbly jou in die Here ek herhaal verbly jou in die Here,<\/em> (4:4) <em>ek word nie moeg om vir jou te s\u00ea nie verbly jou in die Here.<\/em>\u201d (3:1)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Paulus se modus operandi tydens sy sendingreise, wanneer hy \u2019n nuwe plek, soos onder andere Masedoni\u00eb besoek het, was om die aanbiddingsplek te soek waar die klompie Jode wat in die dorp gewoon het, op die Sabbat bymekaar gekom het.&nbsp; &nbsp;Dan was hy op die Sabbat daar. &nbsp;Nie omdat hy die Sabat hou nie, maar hy het die geleentheid gebruik om hulle van die evangelie van Jesus te vertel.&nbsp; Wanneer die Jode vir hom kwaad geword het, het hy daarvandaan met die evangelie na die heidene gegaan.&nbsp; Dikwels het die Jode \u2019n opstand veroorsaak en dan moes hy na die volgende dorp vlug. Nogtans het hy vir hulle geskryf om hulle te verbly in Jesus Christus.&nbsp; Hy wou h\u00ea dat God se heerlikheid so by hulle moes wees dat hulle altyd blymoedig en vrygewig moes wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gemeentes in Masedoni\u00eb\nhet toe hierdie kwaliteite gehad!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die sentrale saak wat in die hart van hierdie verse l\u00ea, is <strong>die genade van God<\/strong>.<\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\" id=\"genade\">4&nbsp;&nbsp;&nbsp; Genade van God<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat Paulus inderdaad in\nhierdie paar verse skryf, is dat hy hulle wil vertel wat die genade van God &nbsp;in die gemeentes in Masedoni\u00eb tot stand\ngebring het.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Om te verstaan wat Paulus bedoel met die \u201cgenade van God\u201d moet ons kyk wat hy daaroor skryf.\u00a0 In sy brief aan Filippi, sluit hy af met \u201c<em>mag die genade van die Here met jou gees wees<\/em>.\u201d\u00a0 Ons vertaling lees \u201cmet jou wees\u201d, maar Paulus het geskryf \u201cmet jou gees wees\u201d.\u00a0 Vir Paulus was genade van God, gele\u00eb in die persoon Jesus Christus.\u00a0 Hy het by Johannes aangesluit wat geskryf het dat ons \u2019n wet by Moses gekry het, maar Hy wat uit die boesem van sy Vader kom, uit Hom het ons genade op genade ontvang.\u00a0 Vir Paulus was genade, Jesus Christus self. \u00a0Wanneer\u00a0 hy in die Filippense-brief skryf:\u00a0 Mag die genade van die Here met jou gees wees dan s\u00ea hy inderdaad: Mag Jesus Christus die opgestane Here deur die Heilige Gees in jou gees wees!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy het geglo dat die opgestane\nChristus deur die Heilige Gees tot binne-in ons gebring word, soos Jesus met\nreg belowe het.&nbsp; Sy briewe se slot was\niets soos dit: \u201cCheers my vriende \u2013 mag Jesus Christus die opgestaande Here\ndeur sy Gees in julle wees!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In 2 Kor 12:7-9 s\u00ea hy dat daar \u2019n boodskapper van Satan gegee was om hom met vuishoue te slaan.\u00a0 Normaalweg sou hy en die Here hierdie Duiwel verdryf het, maar hy skryf dat God vir hom ges\u00ea het: \u201cMy <em>genade<\/em> is vir jou genoeg\u201d. Daarom roem hy in sy swakheid want as hy swak is dan woon die genade van God in hom.\u00a0 Hy verander hier \u2019genade\u2019 na: \u201c<em>Dan woon die krag van God in my.<\/em>\u201d\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die genade van God was vir Paulus, Jesus Christus die opgestane Christus wat deur die Heilige Gees met sy krag permanent in ons kom.\u00a0 Dit was hoe hulle gedink het, dit was hoe hulle geleef het \u2013 met die opgestane Christus binne en oor hulle.\u00a0\u00a0 God het iets vir hierdie mense gedoen en dit is waarom hulle \u201cplusmense\u201d kon wees; alles die genade van God in Jesus Christus. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy het aan die gemeente in\nFilippi geskryf:&nbsp; \u201cSy genade het gegee\ndat julle nie net die voorreg het om hom te dien nie maar ook om vir Hom te ly.\u201d&nbsp; Voordat die \u201cly\u201d jou pla, weet dat dit die\nplek is waar die beitel van God se genade die rots tref en die vonke spat &#8211; ons\nword God se mense in murg en in been.<\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\" id=\"gemeentes\">5&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die gemeentes van Masedoni\u00eb gee hulleself aan God oor<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy het geskryf dat die gemeentes in Masedoni\u00eb hulleself gegee het; eerstens aan God en toe aan ons.\u00a0 \u2019n Christen gee altyd twee keer, maar jy gee altyd eerste jouself aan God en dan eers volg die tweede gee, vir God se mense en vir sy saak.\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die &nbsp;gemeente het gegee.&nbsp; Die kruks van hierdie vyf verse l\u00ea hierin, hulle het \u201cgegee\u201d. Ek gaan na drie gedeeltes in die Bybel kyk, om di\u00e9 \u201cgee\u201d wat deur God se genade gewerk word, te verstaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">i) Vir Paulus was die kern\/hart van \u2019n Christen se verhouding met God:\u00a0 \u201c<em>Gee julleself aan God as lewende heilige offers wat vir Hom aanneemlik is.<\/em>\u201d (Romeine 12:1).\u00a0 Hy noem twee feite wat ons motiveer sodat ons ons lewens as \u2018n heilige offer aan God gee. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"> Die eerste vind ons in Paulus se aanloop tot hierdie vers.\u00a0 Hy skryf in Romeine 11 vanaf vers 13 die mees indrukwekkende doksologie oor <strong>God se grootheid<\/strong>:  \u201cO diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God\u2026\u201d Dan gesels hy oor God; \u00a0geen mens het hom ooit raad gegee nie, geen mens kan hom verstaan nie, uit hom, deur hom en tot hom is alle dinge.\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy volg aan die begin van hoofstuk 12 op met God se groot ontferminge.&nbsp; Hiermee verwys hy na wat God in Jesus Christus vir ons gedoen het. &nbsp;Dan volg: \u201cGee julleself aan God\u201d. &nbsp;Di\u00e9 gee, is gebou op twee redes: eerstens op die <strong>grootheid van die Enige God<\/strong> en tweedens op sy groot <strong>liefde<\/strong> in Jesus Christus. Paulus het verstaan dat ons onsself nie&nbsp; aan God kan gee voordat ons nie gehoor het van die grootheid en almag van God en van Sy groot liefde nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Bybel kom altyd so na ons wanneer God wil s\u00ea dat ons nie moet bang wees nie. Dit begin met: &nbsp;\u201cSo s\u00ea die Here die Almagtige God, moet nie bang wees nie ek is met jou.\u201d Eers wanneer jou gees in verwondering is oor God, dan eers kan jy jouself gee!&nbsp; Jy moet sy oneindige almag en grenslose liefde verstaan \u2013 dan kan jy gee.&nbsp; Wanneer jy jouself gee, dit is dan wanneer Hy jou denke verander sodat jy Sy wil kan verstaan, di\u00e9 verstaan wat andersins totaal bo jou vermo\u00eb is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">ii) Die tweede gedeelte van die Bybel waarna ek wil kyk, is die gedeeltes wat gaan oor die vermeerdering van die brood.\u00a0 Kom ons s\u00ea die woord \u201cgee\u201d van Romeine 12:1 is dieselfde woord wat gebruik word nadat Jesus oor die vyf broodjies en twee vissies gebid het, dit gebreek het en dan \u201cgee\u201d die dissipels dit aan die skare.\u00a0 Die verhaal wil metafories vertel van ek en jy wat ons brood en vissies vir God gee.\u00a0 Hy gee dit weer aan die honger mense van hierdie w\u00eareld.\u00a0\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jy moet onthou dat Jesus aan die begin aan sy dissipels ges\u00ea het dat hulle iets aan die skare moes gee om te eet. \u00a0Al wat die dissipels bymekaar kon maak was die vyf broodjies en twee vissies van die seuntjie.\u00a0 Dit is interessant wanneer ons in Johannes van die gebeure lees.\u00a0 Daar verneem ons dat Jesus sy dissipels getoets het, want hy het reeds geweet van die broodjies en vissies wat Hy sou vermeerder.\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wanneer ons dit verstaan dan weet ons wat eintlik bedoel word met gee: \u00a0Wat ek besit om te gee is wat Jesus reeds aan my gegee het, dan vat ek die bietjie wat ek het, my \u201cvissies en broodjies\u201d en ek plaas dit in God se mandjie.\u00a0 Dit\u00a0 gaan dan deur Sy hande waar dit vermeerder sodat dit die skare kan voed.\u00a0 Die broodjies en vissies wat daardie dag vermeerder is, het God eintlik self vooraf gere\u00ebl.\u00a0 Hy het geweet, s\u00ea Johannes, van die seuntjie se vissies en brood.\u00a0 Ons het inderdaad niks vanuit onsself om te gee nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons mag dink die opdrag om te gee, kom van \u2019n wrede God wat ons soos \u2019n kind in die hoek laat sit en dan ons speelgoed van ons roof. \u00a0Dis nie God wat roof nie dit is eintlik God wat die vis en brood klaar gegee het. \u00a0Hy wil maar net h\u00ea ons moet dit in geloof\u00a0 deur Sy hande laat gaan, sodat hy dit kan se\u00ebn en breek en die skare voed.\u00a0 Ons word deel van die wonder van die koms van God se koninkryk in hierdie w\u00eareld.\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dieselfde beginsel kry ons ook in Jesus se ho\u00ebpriesterlike gebed.\u00a0 Hoor wat bid Hy:\u00a0 \u201cLaat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid \u2026 en ter wille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees\u201d (Joh 17:17,19).\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die agent vir die werkwoord, is God die Vader.&nbsp; God die Vader moet ons help om ons aan Hom te gee deur sy waarheid en sy woord.&nbsp; Dit is \u2019n versoek van Jesus aan sy pa, dat sy Pa ons sal vat of so maak dat ons, onsself&nbsp; aan Hom kan gee.&nbsp; Dan onmiddellik s\u00ea Hy:&nbsp; \u201c &#8230; en ter wille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees.\u201d(v 19).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Eenvoudig gestel beteken dit iets soos volg: God klim eers in my mandjie, God die Vader en die Seun klim eers deur sy groot genade in my mandjie.\u00a0 En omdat ek Hom in my mandjie ontdek en in verwondering is oor Hom, klim ek in sy mandjie.\u00a0 Hierdie g\u00e9\u00e9 het niks te doen met iets waaraan God behoefte het nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">iii) In hoofstuk 9 van 2 Korinti\u00ebrs skryf hy dieselfde.&nbsp; In my eie woorde: God is by magte om julle ryk genoeg te maak sodat julle altyd vir almal kan gee.&nbsp; By die ontvangers veroorsaak dit oorvloedige dank aan God. &nbsp;Die God wat by magte is om dit te doen, verskaf aan ons die saad maar dit is ook Hy wat dit laat groei.&nbsp; Hy sit van begin tot einde die goed in jou mandjie.&nbsp; Hy gee nie alleen die saad nie, Hy is die Skepper wat ook laat groei sodat ons brood op ons tafels kan h\u00ea.&nbsp; Dit is dan wanneer ons met blymoedigheid kan gee sodat die w\u00eareld kan bly wees en God verheerlik.<\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Ten slotte<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie vyf verse oor die\ngemeentes in Masedoni\u00eb is vol verwondering oor God.&nbsp; Verwondering oor God se grootheid en liefde\nin Jesus Christus.&nbsp; Daar is verwondering\nvir God se nabyheid dat Hy deel van swaarkry-mense se lewens word, en hulle\nlewens baie mooi maak, mense in die oorteffende trap maak. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie soort mense is nie\nmoontlik as hulle nie glo in God se Almag en liefde nie.&nbsp; Die wonder is dat Hy hulle mense gemaak het\nwat hulle aan Hom en sy saak gegee het, wat nie vasgesteek het in hulle erge\narmoede en verdrukking nie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Masedoniese gemeentes\nwas in totaliteit \u2019n produk van God se genade in Jesus Christus.&nbsp; Baie was&nbsp;\nTrans-Tuber-mense wat niks gehad het om aan vas te hou nie behalwe aan\nGod se groot genade wat hulle pad gekruis het.&nbsp;\nDit is die omgewing waar jy net aan God behoort en Jesus vir jou\ngenoegsaam is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoor wat s\u00ea Paulus, Hulle\nhet hulle self eers aan God gegee en toe het hulle, hulle vir ons gegee.&nbsp;&nbsp; Die seuntjie se bydrae (broodjies en\nvissies) wat Jesus <strong>gese\u00ebn<\/strong> en gebreek\nhet, was genoeg om 5000 mans (sonder vroue en kinders) te voed en 12 mandjies\nvol te laat oorbly.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek wil julle nog ietsie\nvertel van die mense wat in Masedoni\u00eb gebly het, die heidene wat tot bekering\ngekom het.&nbsp; Dit was die mense wat deur\ndie Jode altyd honde genoem was.&nbsp; Ek wil\njulle vertel van die dag toe God se klokke vir die \u201chonde\u201d&nbsp; begin lui het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"> In die storie, hoe het die heidense vrou, wie se dogter in die mag van die duiwel was en Jesus skynbaar geweier het om te help weer ges\u00ea: \u201c &#8230; die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle\u00a0 base se tafels afval.\u201d\u00a0 Jesus het daarop geantwoord:\u00a0 \u201c &#8230; jou geloof is groot.\u00a0 Jou wens word vervul.\u201d (Mat 15:21-28).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gee is eintlik maklik.\u00a0  Ek los al die dinge wat vir my belangrik is, wat ek met my eie krampagtige hande wil vashou, ek los ook my bangheid, my vrees en swaarkry.\u00a0  In ruil daarvoor, waag ek my lewe op die almagtige God wat my grensloos liefhet en die grootste werklikheid in hierdie w\u00eareld is.  <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">So het hierdie gemeentes hulle rol gespeel in die tog van die evangelie van Jesus Christus na Europa en die uiteindes van die aarde.\u00a0 Hulle was die mense wat Paulus met sy begroting van inkomste en uitgawes gehelp het.\u00a0 Jesus het aan sy Vader ges\u00ea: \u201c Soos U my na die w\u00eareld gestuur het, het Ek hulle ook na die w\u00eareld toe gestuur.\u201d (Joh 17:18). <\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p>Met o\u00ebnskynlik <a href=\"https:\/\/youtu.be\/TJ2g7D8PtaY\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\" aria-label=\"nietige en &quot;weglaatbare&quot; aksies (opens in a new tab)\">nietige en &#8220;weglaatbare&#8221; aksies<\/a> het die kerk Suid Afrika se landskap verander.<\/p><\/blockquote>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>2 Korinti\u00ebrs 8:1-5 Broers, ons wil h\u00ea julle moet weet van die genade wat die gemeentes in Masedoni\u00eb van God ontvang het. Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; &nbsp;en al was hulle baie arm [die woord wat Paulus gebruik, is \u201cdiep arm\u201d], was hulle ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. Ek [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_newsletter_access":"","_jetpack_dont_email_post_to_subs":false,"_jetpack_newsletter_tier_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paywalled_content":false,"_jetpack_hide_featured_image":false,"_jetpack_featured_image_duplicate_dismissed":0,"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[11],"tags":[],"class_list":["post-473","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-new-testament","post-preview"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.8 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Oortreffendetrap-mense - Auckland Park Theological Seminary Blog<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Oortreffendetrap-mense - Auckland Park Theological Seminary Blog\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"2 Korinti\u00ebrs 8:1-5 Broers, ons wil h\u00ea julle moet weet van die genade wat die gemeentes in Masedoni\u00eb van God ontvang het. Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; &nbsp;en al was hulle baie arm [die woord wat Paulus gebruik, is \u201cdiep arm\u201d], was hulle ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. Ek [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Auckland Park Theological Seminary Blog\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-02-05T14:26:10+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2020-06-02T12:13:51+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-1024x683.jpg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Prof Jan Hattingh\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Prof Jan Hattingh\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"23 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/oortreffendetrap-mense\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/oortreffendetrap-mense\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Prof Jan Hattingh\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ac24c7262a6cbd72ffdf54b7a2d757a5\"},\"headline\":\"Oortreffendetrap-mense\",\"datePublished\":\"2020-02-05T14:26:10+00:00\",\"dateModified\":\"2020-06-02T12:13:51+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/oortreffendetrap-mense\\\/\"},\"wordCount\":4607,\"commentCount\":1,\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/oortreffendetrap-mense\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/02\\\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-1024x683.jpg\",\"articleSection\":[\"New Testament\"],\"inLanguage\":\"en-US\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/oortreffendetrap-mense\\\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/oortreffendetrap-mense\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/oortreffendetrap-mense\\\/\",\"name\":\"Oortreffendetrap-mense - Auckland Park Theological Seminary Blog\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/oortreffendetrap-mense\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/oortreffendetrap-mense\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/02\\\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-1024x683.jpg\",\"datePublished\":\"2020-02-05T14:26:10+00:00\",\"dateModified\":\"2020-06-02T12:13:51+00:00\",\"author\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ac24c7262a6cbd72ffdf54b7a2d757a5\"},\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/oortreffendetrap-mense\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-US\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/oortreffendetrap-mense\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/oortreffendetrap-mense\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/02\\\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-1024x683.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/02\\\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-1024x683.jpg\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/oortreffendetrap-mense\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Oortreffendetrap-mense\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/\",\"name\":\"Auckland Park Theological Seminary Blog\",\"description\":\"Through training and empowerment ATS aims at providing direction, light and hope to people and nations in accordance with God&#039;s will.\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-US\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ac24c7262a6cbd72ffdf54b7a2d757a5\",\"name\":\"Prof Jan Hattingh\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53e983baa96db078533544481de30991a72ce2fab9686d5f20816e914087b2c5?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53e983baa96db078533544481de30991a72ce2fab9686d5f20816e914087b2c5?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53e983baa96db078533544481de30991a72ce2fab9686d5f20816e914087b2c5?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Prof Jan Hattingh\"},\"description\":\"He is the principal of the Auckland park Theological Seminary and head of the department of Practical Theology. He's is well-known for his narrative sermons, loves to be in the veldt and is currently teaching his grandchildren how to track the spoor of animals.\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.ats.ac.za\\\/blog\\\/author\\\/principal\\\/\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Oortreffendetrap-mense - Auckland Park Theological Seminary Blog","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Oortreffendetrap-mense - Auckland Park Theological Seminary Blog","og_description":"2 Korinti\u00ebrs 8:1-5 Broers, ons wil h\u00ea julle moet weet van die genade wat die gemeentes in Masedoni\u00eb van God ontvang het. Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; &nbsp;en al was hulle baie arm [die woord wat Paulus gebruik, is \u201cdiep arm\u201d], was hulle ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. Ek [&hellip;]","og_url":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/","og_site_name":"Auckland Park Theological Seminary Blog","article_published_time":"2020-02-05T14:26:10+00:00","article_modified_time":"2020-06-02T12:13:51+00:00","og_image":[{"url":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-1024x683.jpg","type":"","width":"","height":""}],"author":"Prof Jan Hattingh","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Prof Jan Hattingh","Est. reading time":"23 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/"},"author":{"name":"Prof Jan Hattingh","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#\/schema\/person\/ac24c7262a6cbd72ffdf54b7a2d757a5"},"headline":"Oortreffendetrap-mense","datePublished":"2020-02-05T14:26:10+00:00","dateModified":"2020-06-02T12:13:51+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/"},"wordCount":4607,"commentCount":1,"image":{"@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-1024x683.jpg","articleSection":["New Testament"],"inLanguage":"en-US","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/","url":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/","name":"Oortreffendetrap-mense - Auckland Park Theological Seminary Blog","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-1024x683.jpg","datePublished":"2020-02-05T14:26:10+00:00","dateModified":"2020-06-02T12:13:51+00:00","author":{"@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#\/schema\/person\/ac24c7262a6cbd72ffdf54b7a2d757a5"},"breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-US","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-US","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/#primaryimage","url":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-1024x683.jpg","contentUrl":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/luca-micheli-42fS8_aq5oQ-unsplash-1024x683.jpg"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/oortreffendetrap-mense\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Oortreffendetrap-mense"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#website","url":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/","name":"Auckland Park Theological Seminary Blog","description":"Through training and empowerment ATS aims at providing direction, light and hope to people and nations in accordance with God&#039;s will.","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-US"},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#\/schema\/person\/ac24c7262a6cbd72ffdf54b7a2d757a5","name":"Prof Jan Hattingh","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-US","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53e983baa96db078533544481de30991a72ce2fab9686d5f20816e914087b2c5?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53e983baa96db078533544481de30991a72ce2fab9686d5f20816e914087b2c5?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53e983baa96db078533544481de30991a72ce2fab9686d5f20816e914087b2c5?s=96&d=mm&r=g","caption":"Prof Jan Hattingh"},"description":"He is the principal of the Auckland park Theological Seminary and head of the department of Practical Theology. He's is well-known for his narrative sermons, loves to be in the veldt and is currently teaching his grandchildren how to track the spoor of animals.","url":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/author\/principal\/"}]}},"jetpack_sharing_enabled":true,"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/473","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=473"}],"version-history":[{"count":17,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/473\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":751,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/473\/revisions\/751"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=473"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=473"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=473"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}