{"id":1059,"date":"2023-07-10T11:31:53","date_gmt":"2023-07-10T09:31:53","guid":{"rendered":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/?p=1059"},"modified":"2023-07-14T09:56:41","modified_gmt":"2023-07-14T07:56:41","slug":"die-vervulling-met-die-heilige-gees-en-spreek-in-tale","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/die-vervulling-met-die-heilige-gees-en-spreek-in-tale\/","title":{"rendered":"Die vervulling met die Heilige Gees en spreek in tale"},"content":{"rendered":"\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>Inleiding<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>Die vraag waaroor hierdie artikel gaan, is: &nbsp;<strong>gaan die doop in die Heilige Gees gepaard met die spreek in tale? &nbsp;<\/strong>\u2019n Tweede vraag wat noodwending hiermee saamgaan, is: &nbsp;<strong>wat is die sin van die spreek in tale? &nbsp;<\/strong>Die antwoord op di\u00e9 twee vrae mag die wonder en krag van die doop in die Heilige Gees na vore laat kom.<\/p>\n\n\n\n<p>Die vraag gaan nie oor: \u00a0het die gelowige, wat nie die ervaring het om in tale te praat nie, wel die Heilige Gees? Uit die aard van wat \u2019n gelowige is, het alle gelowiges (hulle het immers vir Jesus aangeneem) die Heilige Gees in hulle lewens. \u00a0Vanuit die Bybelse waarheid kan daar nie \u2019n persoon wees wat Jesus as sy persoonlike saligmaker aangeneem het, sonder die werking van die Heilige Gees in sy lewe nie. Hoe anders sou Jesus teenwoordig en werksaam in sy lewe wees? \u00a0Indien \u2019n gelowige sonder die Heilige Gees sou wees, kan selfs gevra word of \u2019n weergebore persoon sonder die eerste persoon in die Drie-eenheid, die Vader, is? \u00a0Dit gaan inderdaad om die vraag oor die Drie-enige God se teenwoordigheid in \u2019n gelowige se lewe. \u00a0Ons lees immers: <em>\u201c\u2026 want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer\u201d <\/em>(Fil 2:13). Die aanname is dat God al die pad deur sy Gees in \u2019n weergebore persoon werksaam is.<\/p>\n\n\n\n<!--more-->\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\">\n<p class=\"has-text-align-center\">Hierdie artikel is ingesluit in die <strong><a href=\"https:\/\/www.ats.ac.za\/publications\/holy-spirit-study-course\/\">Holy Spirit study course<\/a><\/strong> en kan afgelaai word in &#8216;n druk-vriendelike formaat wat selgroepe kan gebruik.<\/p>\n<\/blockquote>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\">\n<p class=\"has-text-align-center\">This article is also available in English: <strong><a href=\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/being-filled-with-the-holy-spirit-and-speaking-in-tongues\/\">Being filled with the Holy Spirit and speaking in tongues<\/a><\/strong>.<\/p>\n<\/blockquote>\n\n\n\n<p>Die \u201cvervulling\u201d met die Heilige Gees is \u2019n genadige geskenk (charisma) wat \u2019n weergebore Christen deur geloof ontvang. &nbsp;Of hy homself onderwerp aan die veranderende werking van hierdie genade \u201cgeskenk\u201d, die Heilige Gees, bly \u2019n ander vraag. &nbsp;Daarom sal daar gelowiges wees wat nie kan getuig van die vervulling met die Heilige Gees en die gepaardgaande spreek in tale nie, maar wat heel dikwels \u2019n meer toegewyde lewe leef. Dit is \u2019n verkeerde vraag om te vra of die Heilige Gees net in \u2019n gelowige wat in tale praat, se lewe werksaam is. &nbsp;So \u2019n vraag, mag die persepsie skep dat dit slegs bewese goeie Christene is wat die vervulling met die Heilige Gees met spreke in tale ontvang het, en dat sulke mense na die vervulling met die Heilige Gees \u201c<strong>super<\/strong>\u201d Christene is. &nbsp;Die persepsies skep die verdere indruk dat mense wat nie met die Heilige Gees vervul is, soos in Handelinge 2 nie, soort van tweederangse Christene is. Dit is geensins so nie.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">1. <strong>Enkele manjifieke beloftes van Jesus oor die doop in, of die vervulling met die Heilige Gees wat belangrik is:&nbsp;<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>Johannes die Doper het van Jesus ges\u00ea: &nbsp;<em>\u201cHy sal julle met die Heilige Gees en vuur doop\u201d<\/em> (Matt 3:11, Luk 3:17). In Markus is dit effe korter: <em>\u201c\u2026 maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop\u201d<\/em> (Markus 1:8). Johannes het geskryf dat die Een wat hom gestuur het aan hom ges\u00ea het: &nbsp;<em>\u201cDie Een op wie jy die Gees sien kom en bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop\u201d<\/em> (Joh. 1:33). &nbsp;Dit is van belang om op te merk dat Jesus eerstens aangekondig is as Doper in die Heilige Gees, dit was \u2019n prim\u00eare taak in Sy koms na die w\u00eareld.  Natuurlik moet weergeboorte eers plaasvind alvorens \u2019n persoon in die Heilige Gees gedoop kan word, maar \u2019n gelowige se ervaring met Jesus hou nie na weergeboorte op nie, maar word opgevolg deur die vervulling met die Heilige Gees. &nbsp;Met \u201cvervulling\u201d mag ons liefs dink aan oorgawe, of om onsself in die hand van God te plaas, soos later duidelik sal word.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Hy het aan sy dissipels ges\u00ea dat Hy hulle nie as weeskinders agterlaat nie en dat dit tot hulle voordeel sou wees as Hy weggaan, want dan sal hulle met die Heilige Gees vervul word. &nbsp;Die vraag is: &nbsp;Weet ons regtig wat die voordeel is in dit waarvan Jesus gepraat het toe Hy aan hulle ges\u00ea het: &nbsp;<em>\u201cDaardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle. \u2026 en my Vader sal hom liefh\u00ea, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon\u201d<\/em> (Joh 14:20, 23). &nbsp;Om die \u201cvoordeel\u201d waarna Jesus verwys het en die volheid van God in ons te verstaan en te beleef, sal \u2019n oneindige reis met die Heilige Gees in ons verg en dan skryf Paulus ons sal nog nie alles weet nie (sien sy twee gebede Ef 1 en 3).&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Ons probleem mag wees dat ons die \u2018totaal nuwe\u2019 waarvan Jesus gepraat het, die koms van die skepper Gees wat God se heerlikheid deur die opgestane Christus bring, in grootheid en nabyheid onderskat. &nbsp;Dit kan uiteraard maklik gebeur, maar d\u00edt mag ons nie doen nie. &nbsp;Hierdie wonder sal nie maklik oorskat kan word nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Steeds gekoppel aan die koms van die belofte van die Heilige Gees, het Jesus ges\u00ea: &nbsp;<em>\u201cHy sal my verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. &nbsp;Alles wat aan die Vader behoort, behoort ook aan My; daarom dat Ek ges\u00ea het: &nbsp;Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig\u201d<\/em> (Joh 16:13-15). &nbsp;Petrus het die uitstorting van die Heilige Gees, die Handelinge 2-gebeure, gekoppel aan die profesie van Jo\u00ebl 2 waarin God belowe om sy Gees in die laaste dae baie re\u00ebel op alle mense te laat kom.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">2. <strong>Drie opmerkings vanuit die gesprekke tussen Jesus en sy dissipels, reeds gelowiges, oor die belofte van die vervulling met die Heilige Gees<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">2.1 <strong>Die belofte van God ten opsigte van die Heilige Gees hou vir reeds gelowiges meer in<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<p>As ons die vraag sou vra: &nbsp;is die weergebore persoon nie ook gedoop in die Heilige Gees nie? &nbsp;&nbsp;Kan ons ook die vraag vra: &nbsp;wat was die belewenis van die Ou Testamentiese gelowiges ten opsigte van die Heilige Gees? &nbsp;Veral as ons dink aan die reuse effek van die Heilige Gees wat oor die rigters, konings en profete gekom het. &nbsp;In Lukas 1 vind ons \u2019n pragtige voorbeeld van die Heilige Gees in \u2019n doodgewone gelowige, Simeon, se lewe.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>&nbsp;In die Evangelies vind ons dat Jesus reeds baie met sy dissipels oor sy Vader se waarheid gepraat het asook oor die betekenis van sy koms na die w\u00eareld. &nbsp;Hulle het dit geglo, maar baie waarskynlik die volle waarheid nie besef nie. &nbsp;Jesus het onder andere aan hulle ges\u00ea: <em>\u201cJulle is reeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle ges\u00ea het. \u2026 Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekendgemaak het\u201d<\/em> (Joh 15:3,15). &nbsp;Maar tog moes hulle wag op die vervulling van die Heilige Gees na wie se koms daar meer oor God se waarheid en die koms van Jesus gepraat en ervaar sou word as voorheen, soos: &nbsp;<em>\u201cWanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal hy julle in die hele waarheid lei. &nbsp;Wat Hy s\u00ea, sal nie van Homself kom nie: &nbsp;Hy sal net s\u00ea wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. &nbsp;Hy sal my verheerlik, want wat Hy van My ontvang sal Hy aan julle verkondig\u201d<\/em> (Joh 16:13,14). &nbsp;Die beloofde koms van die Heilige Gees, die vervulling met die Heilige Gees in die Handelinge 2-gebeure sou vir die reeds gelowige dissipels meer beteken het as wat hulle tot op daardie staduim ervaar het. &nbsp;Die vier sake:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>vervulling met die Heilige Gees, <\/li>\n\n\n\n<li>die m\u00e9\u00e9r vir die dissipels, <\/li>\n\n\n\n<li>die oorwinning deur Jesus se opstanding, en<\/li>\n\n\n\n<li>inneem van sy magsposisie aan God die Vader se regterhand,<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>&#8230;hou direk met mekaar verband.<\/p>\n\n\n\n<p>In Johannes 7 lees ons dat Jesus ges\u00ea het: <em>\u201cMet die een wat in My glo, is dit soos die Skrif s\u00ea: &nbsp;Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.\u201d<\/em> &nbsp;Die werkwoorde wat in hierdie metafoor gebruik word, het \u2019n duratiewe aspek en die beeld van strome lewende water wat vloei, korreleer met die belofte van die Gees wat permanent binne die gelowige kom woon. &nbsp;Johannes, die skrywer, het dit nodig geag om verdere inligting te gee wat vir ons belangrik is: &nbsp;<em>\u201cHiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. &nbsp;Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie\u201d<\/em> (Joh 7:38-39). &nbsp;Die New International Version (NIV-vertaling) is meer korrek as die 1983 Afrikaanse vertaling wat die Griekse \u201cemellon\u201d onvertaal laat bly het. &nbsp;Die NIV het vertaal: <em>\u201cBy this he meant the Spirit whom those who believed in him were later to receive&#8230;\u201d<\/em> (Joh 7:37). &nbsp;Die NIV was ook meer korrek met die vertaling in die verlede tyd, \u201cwho believed\u201d aangesien die werkwoord \u2019n verlede deelwoord is wat eintlik \u2019n feit staaf: &nbsp;hulle was reeds gelowiges.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>M\u00f6ller wys op vele skrifgedeeltes in die evangelies dat die dissipels reeds gelowig was v\u00f3\u00f3r die dag van Pinkster toe hulle in die Heilige Gees gedoop is. &nbsp;Hy skryf onder andere: <em>\u201cDat die gawe van die Heilige Gees bedoel was vir di\u00e9 wat reeds tot geloof gekom het, vind ons ook in Johannes 7:38,39\u201d<\/em> (1994:240).&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">2.2 <strong>\u2019n Volgende opmerking is: &nbsp;hulle was uitdruklik aanges\u00ea dat hulle eers moes wag voordat hulle met verkondiging kon begin&nbsp;<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<p>Met sy verskyning die aand n\u00e1 sy opstanding het Hy oor hulle geblaas en ges\u00ea: <em>\u201cOntvang die Heilige Gees!\u201d<\/em> (Joh 20:21). &nbsp;Dit was nadat Hy sy dissipels gestuur het soos sy Vader Hom gestuur het. Hulle is nie daardie aand met die Heilige Gees vervul nie, soos duidelik blyk uit die feit dat Hy twee keer later, na sy opstanding, vir hulle ges\u00ea het om in Jerusalem te gaan wag op die doop in die Heilige Gees. &nbsp;Dit het op Pinksterdag plaasgevind, tien dae na sy Hemelvaart.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Sy opdrag was baie duidelik dat die gestuurde dissipels eers in Jerusalem moes gaan wag op die belofte van die doop in die Heilige Gees: &nbsp;<em>\u201cMoenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader beloof het, soos julle van My gehoor het. Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne \u2019n paar dae met die Heilige Gees gedoop word. \u2026 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die w\u00eareld\u201d<\/em> (Hand. 1:4,5,8).&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In die voorafgaande is dit reeds duidelik dat die Handelinge 2-gebeure, volgens Jesus, iets meer vir die reeds gelowige dissipels ingehou het, maar dit is ook duidelik dat Jesus hulle nie toegelaat het om met die afskop van die verkondiging van sy koninkryk te begin alvorens hulle nie die vervulling met die Heilige Gees, of anders gestel, die doop in die Heilige Gees ervaar het nie. &nbsp;Vir die Hoof van die kerk was daar geen ander wyse vir die koms van God se koninkryk in \u2019n onbeskryflike gebroke w\u00eareld nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">2.3 <strong>Die Heilige Gees was lankal werksaam in gelowiges<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<p>Die opdrag om eers te wag op die doop in die Heilige Gees voordat hulle met verkondiging kon begin, is \u2019n belangrike saak, veral as ons weet dat die werking van die Heilige Gees in God se mense nie eers na die uitstorting (soos in Handelinge 2 uitgebeeld word) plaasgevind het nie. &nbsp;Dit is daarom belangrik dat ons weet waaroor die doop in die Heilige Gees gaan.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Die Heilige Gees het in die begin toe God geskep het, oor die donker vormlose watermassa gesweef. &nbsp;Toe het God ges\u00ea: <em>\u201cLaat daar lig wees wees! &nbsp;En daar was lig\u201d<\/em> (Gen. 1:3). Paulus haak hierby aan wanneer hy skryf: &nbsp;<em>\u201cGod wat ges\u00ea het: &nbsp;Laat daar lig skyn uit die duisternis, het ook in ons harte \u2019n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God wat van Jesus uitstraal\u201d<\/em> (2 Kor 5:6). &nbsp;Met die doop in die Heilige Gees moet ons dink aan die almagtige skepper God in aksie in ons lewens.<\/p>\n\n\n\n<p>In Numeri 11 het Eldad en Medad aangehou profeteer nadat die sewentig leiers geprofeteer het toe die Gees van die Here op hulle gerus het. Josua wou hulle stopsit, maar Moses het ges\u00ea: <em>\u201cEk sou wou wens dat die hele volk van die Here profete was, en dat Hy sy Gees op almal mag l\u00ea\u201d<\/em> (vers 29). Moses se wens was belangrik, maar te vroeg. Die hunkering vind jy in die Ou Testament!&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>In Jo\u00ebl 2:28 het God beloof dat Hy in die laaste dae sy Gees op alle mense sou laat kom en dat hulle sou profeteer; oumense, jongmense, slawe en slavinne. &nbsp;Petrus het op Pinksterdag presies hierdie profesie gekoppel aan die uitstorting van die Heilige Gees wat Jesus belowe het. &nbsp;Terloops, M\u00f6ller haal vir Howard Erwin aan wat wys op \u2019n verband tussen profeteer (Jo\u00ebl 20) en tale praat soos op Pinksterdag via die Septuaginta (1994:259). &nbsp;Hy wys daarop dat die hoor van die groot dade van God vir die omstanders profesie was; vir die gelowiges was dit om in tale te praat. &nbsp;Ons kan iets soortgelyk verstaan met Paulus se skrywe: &nbsp;<em>\u201cEk sou graag wou h\u00ea dat julle almal in tale praat, maar liewer dat julle profeteer. &nbsp;Die een wat profeteer, is van groter betekenis as die een wat in tale praat, tensy hy dit uitl\u00ea sodat die gemeente gebou kan word\u201d<\/em> (1 Kor 14:5). &nbsp;In hierdie argument van hom waarin hy vra dat die Heilige Gees-werking tot opbou van die gemeente moet wees, word spreek in tale met uitleg daarvan gelykgestel aan profesie, sodat die gemeente dit kan verstaan en daardeur opgebou word. &nbsp;Daarteenoor sal talepraat sonder uitleg slegs die sprekende gelowige opbou. Die inhoud is heelwaarskynlik dieselfde: <em>\u201c\u2026 ons hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat God gedoen het\u201d<\/em> (Hand 2:11). &nbsp;Daarby kan om in tale te praat en te profeteer beide in die vorm van gebed wees.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Jesus het met sy verduideliking aan Nikodemus oor hoe die weergeboorte plaasvind, ges\u00ea: &nbsp;<em>\u201cDie wind waai waar hy wil. &nbsp;Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. &nbsp;So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is\u201d<\/em> (Joh 3:8). Weergeboorte is \u2019n wonder wat die Heilige Gees in \u2019n gelowige se gees skep. &nbsp;Die wondergebeure, die nuwe skepping wat by weergeboorte plaasvind word maklik onderskat.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons vind \u2019n besondere werking van die Heilige Gees in Simeon se lewe, \u2019n gelowige voor die uitstorting van die Heilige Gees: &nbsp;<em>\u201cDie Heilige Gees was op Simeon en het aan hom bekend gemaak dat hy nie sou sterwe voordat hy die gesalfde van die Here gesien het nie. Deur die Gees gelei, het hy opgegaan na die tempel toe.\u201d<\/em> (Luk 2:25-27). &nbsp;Hy het daarna oor Josef en Maria geprofeteer. &nbsp;Die Ou Testament bevat die verhale van God se Gees oor die rigters, konings en profete wat hulle lewens verander het en hulle bemagtig het.<\/p>\n\n\n\n<p>Anders as hierdie reeds werkende Heilige Gees in gelowiges se lewens, het die belofte van die doop in die Heilige Gees te doen met die nuutheid van die verkondiging en ervaring van die opgestane Christus wat aan die regterhand van God is en met mag en heerlikheid bekroon is. &nbsp;Dit wat in die Ou Testament geprofeteer is, dit waarop hulle gewag het wat in Jesus waargemaak is.&nbsp; Dit is God se groot heilshistoriese werklikheid wat nie net ten behoewe van die gelowiges waar geword het nie, maar deur die Skepper Gees \u2019n beleefde waarheid word.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">3. <strong>Die Heilige Gees in Jesus se bediening&nbsp;<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>In Jesus se bediening op aarde was die werking van die Heilige Gees besonders. &nbsp;Daar is \u2019n besondere verwantskap tussen Jesus se bediening deur die krag van die Heilige Gees en die belofte van die doop in die Heilige Gees vir sy volgelinge in die vervulling van hulle roeping. &nbsp;Johannes die Doper het ges\u00ea dat God wat hom gestuur het, aan hom ges\u00ea het: &nbsp;<em>\u201cDie Een op wie jy die Gees sien kom en bly, dit was Hy wat met die Heilige Gees doop\u201d<\/em> (Joh 1:33). &nbsp;Ons lees ook dat Jesus in die nag na sy opstanding ges\u00ea het: &nbsp;<em>\u201cVrede vir julle! \u2026 Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook\u201d<\/em>. &nbsp;Nadat Hy dit ges\u00ea het, blaas Hy oor hulle en s\u00ea: &nbsp;<em>\u201cOntvang die Heilige Gees!\u201d<\/em> (Joh 20:22).&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Die Heilige Gees het oor Jesus gekom tydens sy doop en dit was nie met mate nie, en het op Hom gebly. &nbsp;Lukas het \u2019n oog vir die werking van die Heilige Gees gehad en het geskryf: <em>\u201cJesus het vol van die Heilige Gees van die Jordaan af teruggekom en deur die Gees is Hy na die woestyn toe gelei, waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is. \u2026 Jesus het na Galilea teruggegaan vol van die krag van die Gees en berigte oor Hom het deur die hele omgewing versprei. &nbsp;(Daar was \u2019n wyse waarop Lukas kon opmerk dat Jesus vol van die heilige Gees was, maar ook dat Hy vol van die krag van die Gees was.) \u2026 Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. \u2026 En die Here het vir Jesus die krag gegee om mense gesond te maak. \u2026 By daardie selfde geleentheid het Jesus deur die Heilige Gees uitgejubel: &nbsp;\u2018Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. &nbsp;Ja, Vader, soos dit U genadige bedoeling was\u2019\u201d<\/em> (Luk 4:1,14,18; 5:17; 10:21).&nbsp; Miskien is dit nie toevallig dat Jesus se versoeking tussen die twee opmerkings van die Heilige Gees in Jesus se lewe was nie.&nbsp; Sien die verband met skrifgedeeltes soos: Hebre\u00ebrs 5:7-10, Filippense 2:9-11, 3:10, 2 Korinti\u00ebrs 4: 7-11.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus het aan Kornelius en sy mense ges\u00ea: &nbsp;<em>\u201cJulle weet van Jesus van Nasaret, dat God Hom met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus het. &nbsp;Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen, en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was, want God was by Hom\u201d<\/em> (Hand 10:18).&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Die klassieke opmerking van Paulus in Romeine 1 mag ons nooit onaangeraak laat nie: <em>\u201c\u2026 op grond van sy opstanding uit die dood is Hy deur die Heilige Gees aangewys as die Seun van God wat met mag beklee is, Jesus Christus onse Here\u201d<\/em> (vers 4).&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie gegewens van die Heilige Gees se werking in Jesus se lewe moet vir ons, wat soos Hy gestuur is, iets vertel van ons taak en toerusting. &nbsp;Ons veg dieselfde stryd teen die bose en sonde, dieselfde wonder moet in mense se lewens plaasvind, daarom moet dieselfde toerusting van die Heilige Gees die gelowige konstant begelei. &nbsp;Die Heilige Gees-doop, soos in die tyd van die vroe\u00eb kerk, moet die gelowige se dringende begeerte wees. &nbsp;Alle streepteologie (wat beweer dat dit \u2019n gebeure net vir Bybelse tyd was), \u2019n nederigheid wat maak dat ons nie met geloof die Gawe ontvang nie, \u2019n opsionele keuse ten opsigte van die vervulling met die Gees, of \u2019n gevoel van vreemdheid teenoor die Heilige Gees-doop (soos in Handelinge bekendgestel), kan verraad wees teen die koms van die koninkryk van God en \u2019n totale oorskatting van onsself wat maak dat ons ons futiel met God se saak besig hou.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">4. <strong>Die groot vrae bly: &nbsp;Wat behels die doping in die Heilige Gees? &nbsp;En wat is die sin en betekenis van die spreek in tale wat met die doop in die Heilige Gees gepaardgegaan het?&nbsp;<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>Miskien moet ons s\u00ea dat die vroe\u00eb Handelingekerk baie waarskynlik totaal anders oor die Heilige Geesvervulling gedink het as ons wat in die onlangse jare, n\u00e1 eeue, weer opnuut daarmee gekonfronteer word.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Daar bestaan \u2019n vreemdheid by \u2019n groot deel van die kerk van Jesus Christus ten opsigte van die doping in die Heilige Gees en die spreek in tale soos wat in die Bybelse voorbeelde gesien word. &nbsp;Dit is \u2019n ongehoorde vreemdheid, veral as ons dink aan al die vreemdheid wat gepaardgaan met al die groot waarhede van die Bybel soos:&nbsp; geloof dat God die almagtige Skepper is van alles uit niks nie, dat Hy in beheer van alles is, die maagdelike geboorte van Jesus, sy opstanding uit die dood, die wonder van weergeboorte en die wederkoms van Christus.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Die hele evangelie berus op die vreemdheid van geloof in \u2019n almagtige Skepper God wat in Jesus mens geword het om alle mense te red. &nbsp;Die ontstaan van streepteologie, wat die gebeure van Handelinge 2 beperk het tot \u2019n eenmalige gebeure, soos Jesus se vleeswording, het heelwaarskynlik bygedra tot hierdie vreemdheid wat daaraan gekoppel word. &nbsp;Ook die argument van \u2019n eenmalige gebeure in Handelinge 2 wat gemotiveer word as sou dit die verspreiding van die Evangelie aan baie volke ten doel gehad het. &nbsp;Dikwels was daar diegene wat die doop in die Gees gesien het as \u2019n gebeure wat met weergeboorte plaasvind.&nbsp; Ander weer, wat dit laat saamval het met heiligmaking, wat hulle verstaan het as \u2019n tweede genadewerk naas weergeboorte. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Gelowiges wou nie sonder die doop in die Gees wees nie, maar was tog bang om die vreemde gebeure van Handelinge 2 as \u2019n hedendaagse belewenis te ervaar waar mense wat in vreemde tale praat. &nbsp;Dit is dikwels jammerlik verskraal tot \u2019n selfgemaakte Pinksterkerkervaring en dikwels verder verskraal tot die spreek in tale en slegs sekere Heilige Gees-ervarings. &nbsp;Dit is gedoen ten koste van die waarheid van die Skepper God in aksie en die teenwoordigheid van die opgestane Christus. Die vreemdheid verhinder die aanvaarding van die Bybelse waarheid:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>wat in die Ou Testament voorspel is,<\/li>\n\n\n\n<li>wat deur Jesus in die Evangelies beloof is,<\/li>\n\n\n\n<li>wat die eerste Christene in die Handelingeboek se belewenis was,<\/li>\n\n\n\n<li>wat in die Nuwe Testament en in talle welmenende hedendaagse Christene se lewens bevestig word.&nbsp;<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>Die wonder en omvang daarvan is grootliks nog \u2019n waarheid wat ten volle ontdek moet word. &nbsp;Dit mag wees dat die Geesgedoopte gelowige se kennelike, subjektiewe, ervaringsvolle belewenis van God deur die Heilige Gees die oorsaak vir die vreemdheid, selfs by ander gelowiges kan wees? &nbsp;Of dalk kom God deur die Gees te naby aan mense vir ons sekul\u00eare gevoel. &nbsp;Dit sal jammer wees, want die Heilige Gees-doop bevestig juis die waarheid van Christus se opstanding en alles wat daarmee gepaardgaan; &nbsp;dit gaan oor God se oneindige almag en liefde in ons.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">4.1 <strong>Die spreek in tale is nie \u2019n bewys van die doop in die Heilige Gees nie, maar gaan wel daarmee gepaard&nbsp;<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<p>As die spreek in tale wat met die doop in die Heilige Gees gepaardgaan moes dien as \u2019n bewys dat iemand in die Heilige Gees gedoop is, het ons baie vrae omtrent die spreek in tale wat kan lei tot \u2019n talekultus.&nbsp; Dit is egter nie wat in die Bybel aan ons voorgehou word nie.&nbsp; Nieteenstaande is die Nuwe Testament tog baie duidelik oor die belangrikheid van die spreek in tale wat met die doop in, of vervulling met die Heilige Gees gepaard gaan. Sou dit as teken in die Bybel genoem word, sou die sin van om in tale te spreek dalk verlore gegaan het?&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>M\u00f6ller bespreek \u2018glossolalie\u2019 as teken van die doping in die Heilige Gees. &nbsp;Volgens hom kan selfs in die gevalle in die Bybel waar dit nie duidelik genoem word nie dit tog afgelei word. &nbsp;Dit wat op Pinksterdag gebeur het, is deur die vroe\u00eb kerk gebruik as voorbeeld en norm waarvolgens bepaal is of mense by \u2019n latere geleentheid ook dieselfde Heilige Gees-ondervinding het. <em>\u201cNa aanleiding van bogenoemde aangeleenthede, kan die spreke in tale gesien word as die onmiddellike teken of aanduiding dat so iemand met die Heilige Gees vervul is\u201d<\/em> (1994: 244). &nbsp;Hy skryf verder: &nbsp;<em>\u201cWanneer iemand in die Heilige Gees gedoop is, behoort hy volgens Bybelse voorbeelde ook in tale te gepraat het. &nbsp;As talespraak nie voorgekom het nie, dan moet so iemand hom daarvoor beywer\u201d<\/em> (1994:246).&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">4.2 <strong>Wat die doop in die Gees beteken<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<p>Ons het reeds ges\u00ea dat dit volgens die Bybel nie weergeboorte is nie, maar dat dit \u2019n gebeure is wat onderskei moet word van die Heilige Gees-werkinge wat in alle gelowiges plaasvind, dit is \u2019n bykomende gebeure op voorafgaande.<\/p>\n\n\n\n<p>M\u00f6ller se definisie van die Heilige Gees-doop is die volgende:<em> \u201cdie doping of vervulling van die Heilige Gees is die gebeure, gebaseer op die belofte van Hand. 1:5,8, waardeur God Homself genadiglik op \u2019n persoonlike, onmiddellike, innige en blywende wyse aan die gelowige openbaar, deurdat Hy hom onder die kontrole en in die volheid van die Heilige Gees stel, waardeur so iemand op \u2019n besondere wyse bewus gemaak word van die verrese en verheerlikte Christus in sy lewe, en as gevolg waarvan hy met geestelike krag toegerus word om \u2019n lewe te lei waarin hy \u2019n groter getuie vir Christus kan wees en \u2019n voller dimensie van aanbidding kan beoefen\u201d<\/em> (1994:218).<\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">4.2.1 <strong>Die doop en vervulling met die Heilige Gees is deur en deur \u2019n opgestane Christus- gebeure<\/strong><\/h4>\n\n\n\n<p>Dit is \u2019n nuwe en voortgaande Christus-gebeure vir die reeds gelowige.<\/p>\n\n\n\n<p>Die belofte kon eers vervul word na Jesus se sterwe, opstanding en sy verheerliking wat gepaardgegaan het met die inneem van sy magsposisie langs sy Vader se troon: &nbsp;<em>\u201cDie Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie\u201d<\/em> (Joh 7:39). Petrus het op Pinksterdag gepreek: <em>\u201cGod het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal getuies. &nbsp;Hy is verhoog aan die regterhand van God en Hy het die Heilige Gees wat beloof is van die Vader ontvang en uitgestort. &nbsp;Dit is wat julle nou sien en hoor\u201d<\/em> (Hand 2:32,33). Die \u201csien\u201d en \u201choor\u201d was mense wat getuies van die waarheid van die opgestane Christus was. &nbsp;Paulus het die evangelie wat hy verkondig het, in sy Romeine-brief saamgevat: <em>\u201c\u2026 op grond van sy opstanding uit die dood is Hy deur die Heilige Gees aangewys as die Seun van God wat met mag beklee is, Jesus Christus onse Here\u201d<\/em> (Rom 1:3). &nbsp;Hierdie verwys na wat hy elders in Efesi\u00ebrs skryf van Christus wat verhoog is tot aan die regterhand van God en geplaas is bo alle owerheid en mag, Hy is Here (kurios) gemaak. &nbsp;Dit is dieselfde Gees wat op dieselfde wyse in die Geesvervulde gelowige werk (vgl Ef 1:21). Dit is \u2019n gebeure wat \u2019n ontmoeting met Christus self is, \u2019n belewenis van, of deelname aan die waarheid van die opgestane Christus wat aan die regterhand van God die Vader sit, \u2019n voortgesette teenwoordigheid en bemagtiging.<\/p>\n\n\n\n<p>Die ervaring en die belewenis van die opgestane Christus deur die Heilige Gees was so re\u00ebel in die vroe\u00eb kerk dat hulle ges\u00ea het: &nbsp;<em>\u201cEn ons is getuies hiervan, ons en die Heilige Gees wat deur God gegee is aan di\u00e9 wat aan Hom gehoorsaam is\u201d<\/em> (Hand 5:32). &nbsp;Hulle het getuies geword van die Christus-waarheid wat die kernwaarheid van die ganse heilsgeskiedenis van die Bybel is. &nbsp;M\u00f6ller het geskryf dat die uitwerking <em>\u201cervaarbaar en waarneembaar\u201d<\/em> is (1994:224). <em>\u201c\u2026 wat julle sien en hoor\u201d<\/em> (Hand 2:13).<\/p>\n\n\n\n<p>Hy skryf van die doop in die Heilige Gees met terme soos: Onmiddellike, innige en blywende ervarings (1994: 225,226). &nbsp;Ons lees dat die Gees op Jesus gebly het (Joh 1:32) en dat Jesus belowe het: <em>\u201c\u2026 omdat Hy by julle bly en in julle sal wees \u2026 Daardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle. \u2026 en Ons sal na hom toe kom en by hom kom woon\u201d<\/em> (Joh 14:7,20,23). &nbsp;God se teenwoordigheid en krag kan nie nader en met groter impak in \u2019n Christen se lewe beskryf word nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Dit is in hierdie w\u00eareld van die Heilige Gees-werking waar \u2019n gelowige die bevestiging van die teenwoordigheid van \u2019n lewende God moet vind.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">4.2.2 <strong>Die Heilige Gees skep \u2019n ervaring van God se werklikheid<\/strong><\/h4>\n\n\n\n<p>In die verlede was dit in die Teologie gebruiklik om noukeurig te besin oor die attribute van God en ook om bewyse van die bestaan van God te vind. &nbsp;Later het dit verander en is die bestaan van God as \u2019n suiwer geloofsaak beskou waarvoor ons nie bewyse kan lewer nie, en met reg, want hoe sal jy God wat in ontoeganklike lig woon, kon bewys. &nbsp;Wedergeboorte is by miljoene Christene \u2019n wesenlike ervaring wat lewensveranderend is. \u2019n Lewenservaring wat hulle deur baie lewensdriwwe gehelp het en tot groot prestasies gelei het. &nbsp;As gelowiges moet ons die ervaring van wedergeboorte sien as \u2019n wonder wat God se bestaan in ons lewe bevestig, tog sal dit nie as bewys vir God se bestaan aan \u2019n ongelowige aangebied kan word nie. &nbsp;Dit mag egter nie afbreek doen aan die gelowige se getuienis aan die buitestanders van wat God vir hulle gedoen het nie. &nbsp;Lukas skryf dat nadat Jesus vol van die krag van die Heilige Gees na Galilea toe teruggegaan het, het: <em>\u201c\u2026 berigte oor Hom deur die hele omgewing versprei\u201d<\/em> (Lukas 4:14). &nbsp;Dit was verhale van wat Jesus vir mense ges\u00ea en vir hulle gedoen het, wat van mens tot mens versprei het en almal het met lof van Hom gepraat.&nbsp; Josutis het gese dat die evangelie van Jesus het deur \u201crumours\u201d van dit wat Hy aan mense gedoen het, versprei het.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Johannes het in sy Evangelie tyd afgestaan aan Jesus se besoek aan Jerusalem tydens die huttefees. &nbsp;Tydens die besoek het die dispuut gegaan oor wie Jesus is. &nbsp;Hy het ges\u00ea dat sy Vader Hom gestuur het en dat Hy net doen en s\u00ea wat sy Vader vir Hom s\u00ea. &nbsp;Vir die destydse gelowiges se godsdienstige ore en idees was dit moeilik om te glo dat Hy van God af kom, dat Hy God van altyd af ken, dat God met Hom praat, en dat Hy voor Abraham was. &nbsp;Soos Jesus ges\u00ea het: &nbsp;<em>\u201cAbraham, julle voorvader, het hom daaroor verheug dat hy die dag van my koms sou sien, en hy het dit gesien en was bly. \u2026 Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is\u201d<\/em> (Joh 8:56,58). Hy was vir hulle onaanvaarbaar, want Hy maak \u2019n blindgebore man, teen die wet se bevel in, op die Sabbat gesond en Hy kom uit \u2019n gebied wat nie profetew\u00eareld was nie. &nbsp;Betlehem, was die stad van Dawid. &nbsp;In hierdie dispuut oor wie Jesus is, wou hulle Hom \u2019n paar keer vang om dood te maak, maar hy het hulle elke keer ontduik. &nbsp;Die dispuut oor Jesus is tot vandag toe nog die groot geskil en dwaasheid in \u2019n gesekulariseerde en rasionele w\u00eareld. <\/p>\n\n\n\n<p>Dit was in daardie tyd dat Hy op die laaste dag, die groot dag van die huttefees onverwags opgestaan en uitgeroep het: &nbsp;<em><em>\u201c<\/em>Met die een wat glo soos die Skrif s\u00ea: &nbsp;Strome lewende water sal uit sy binneste vloei\u201d<\/em> (Joh 7:38). &nbsp;Johannes het in sy kommentaar ges\u00ea dat Hy verwys het na die doping in die Heilige Gees wat eers na Jesus se verheerliking sou kom. &nbsp;Dit was die koms van die Gees in ons waarna Jesus verwys het, wat die gelowige sou lei in die hele waarheid wat by uitstek die heerlikheid van die opgestane Christus is.<\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">4.2.3 <strong>Die spreek in tale as deel van die ervaring van die opgestane Christus is die gelowige se geleentheid tot oorgawe aan God en die bereiking van God se doel in of deur sy of haar se lewe<\/strong><\/h4>\n\n\n\n<p>Vir die ervaring van die impak van die Heilige Gees wat sy besondere beginpunt in die doping met die Heilige Gees het, is die spreek in tale belangrik &#8211; net soos wat dit met die Bybelse voorbeelde gepaardgegaan het.<\/p>\n\n\n\n<p>Die spreek in tale wat met die doop in die Heilige Gees gepaardgegaan het, het te doen met die ontvanger se gelowige oorgawe en sy daaropvolgende spreek in tale met \u2019n voortdurende oorgawe waardeur hy homself in die hand van die Heilige Gees plaas. &nbsp;Dit is \u2019n leef in Christus, en Christus in hom, die volheid van God in hom. &nbsp;Die oorgawe gaan om tot beskikking te wees van die <em>\u201conmiddellikheid, die innigheid, die nabyheid\u201d<\/em> (M\u00f6ller) van God. &nbsp;Dit word saamgevat met Jesus se <em>\u201cin julle\u201d<\/em> (Joh 14:17) gebeure van die belewenis van die opgestane Christus deur die Gees.<\/p>\n\n\n\n<p>Met bogenoemde moet ons, wat Paulus geskryf het, saamlees: &nbsp;<em>\u201cHy wat in \u2019n taal spreek stig(bou) homself. \u2026 Ek wens dat julle almal in tale spreek, \u2026 Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal; \u2026\u201d<\/em> (1 Kor. 14:4,5,18 \u2013 1953-vertaling). &nbsp;Hy het die talespreek in vers 1 gemotiveer: &nbsp;<em>\u201cWant hy wat in \u2019n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; &nbsp;want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenheid (musterion)\u201d<\/em> (1 Kor 14:2 &#8211; 1953). &nbsp;In die 1983-vertaling word dit met <em>\u201conbegryplike dinge\u201d<\/em> vertaal en in die Translators Handbook met <em>\u201csecrets\u201d<\/em> (1985:268). &nbsp;In Kolossense skryf Paulus van <em>\u201choe se\u00ebnryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. &nbsp;Die inhoud daarvan is: &nbsp;Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid\u201d<\/em> (Kol. 1:27). &nbsp;Die Geesvervulde persoon, wanneer hy in tale praat, voer dus \u2019n gesperk deur die werking van die Gees oor die wonder van die opgestane verheerlikte Christus in hom.<\/p>\n\n\n\n<p>Die spreek van<em> \u201cverborgenheid\u201d<\/em> (musterion) wat Paulus hier verduidelik ten opsigte van in tale praat, is nie die maak van vreemde klanke wat iets moet bewys nie, maar \u2019n konkrete gesprek en gebeure van Christus in ons, wat die gelowige opbou. &nbsp;Daarom Paulus se dank aan God dat dit so baie in sy lewe plaasvind en hy wens dat almal so sal maak. &nbsp;In Handelinge 2 lees ons dat dit gegaan het oor die groot dade van God. Ons kan aflei dat dit gaan oor God wat Gees is (sien Joh 4:24) wat self aan die woord is, oor wie Hy is, wat sy wil is, en dit doen Hy op \u2019n innige, onmiddellike en nabye wyse. <\/p>\n\n\n\n<p>Aanvaar ons dit, dan het ons \u2019n reuse argument oor die sin van talepraat met die doping in die Heilige Gees, en ook die sin van voortdurende talepraat van die gelowige.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>(a)&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Enkele skrifuitsprake oor die werking van die Heilige Gees in die gelowige tydens praat, bid en sing in tale:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Met die volgende skrifgedeeltes word \u2019n poging aangewend om die verborge gebeure van die gesprek\/kommunikasie wat die Heilige Gees tussen ons en God skep, te verstaan.<\/p>\n\n\n\n<p>In Romeine 8 skryf Paulus van ons stryd in die gebroke sondige w\u00eareld. &nbsp;Ons is uiters swak, soveel so, dat ons selfs nie weet wat en hoe om te bid nie. Die stryd en swakheid gaan nie net oor die gebedsgeleentheid nie, maar oor die totale stryd in hierdie w\u00eareld wat ons so sprakeloos en sonder begrip laat, dat ons nie weet wat en hoe om te bid nie. &nbsp;Ons moet die omvang van ons swakheid in die oorweldigende stryd besef, en dit is dan, wanneer die Gees ons in ons swakheid te hulp kom: <em>\u201c\u2026 die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde ges\u00ea kan word nie. &nbsp;En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit volgens die wil van God vir die gelowiges\u201d<\/em> (26,27).&nbsp; Tydens hierdie \u201cpleit\u201d van die Gees in ons, gaan dit om hulpverlening van die Gees aan ons.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Met die pleit in, en vir ons, vind \u2019n sinergie plaas tussen die Gees wat vir ons pleit en die sugte van ons hart wat ons nie tot woorde kan bring nie.&nbsp; In die gebeure word ons in lyn gebring word met die wil van God, want ons lees dat God wat die harte deurgrond, dit sien. &nbsp;Die gevolg is: &nbsp;God verhoor ons en sy ewige goeie plan word verwesenlik in di\u00e9 wat Hy verkies het en lief het. &nbsp;Paulus het in die gedeelte geskryf van die wonderlike gebedsverhoring van diegene wat selfs nie kon bid nie: <em>\u201c\u2026 alles ten goede laat meewerk vir die wat Hy lief het, die wat volgens sy besluit geroep is\u201d<\/em> (Rom 8:28).&nbsp; Die \u201cpleit\u201d van die Gees wat in die Griekse teenwoordige tyd is, dui op \u2019n voortdurende gebeure.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is een van die mees aangrypende gedeeltes in die Bybel wat handel oor die werk van die Heilige Gees in die gelowige se lewe terwyl hy\/sy in \u2019n desperate situasie is. &nbsp;Ons het hier met konkrete versugtinge te doen wat uit die swak gelowige se hart kom, woorde volgens God se wil wat deur bemiddeling van die Gees geskied. &nbsp;Murray het van Romeine 8:26 geskryf: &nbsp;<em>\u201cWhile far from being devoid of content, meaning, and intent, they nevertheless transcended articulated formulation\u201d<\/em> (John Murray, 1975:312). &nbsp;Paulus het geskryf: <em>&nbsp;\u201cWant as ek in \u2019n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. &nbsp;Hoe moet dit dan wees? &nbsp;S\u00f3, dat ek met die gees moet bid, maar ook met die verstand. &nbsp;Ek moet met die gees die lof van die Here sing, maar ook met my verstand\u201d<\/em> (1 Kor 14:14,15). &nbsp;&nbsp;Ons het hier te doen met bid en sing in \u2019n taal wat ons deelname in God se geheimenis is, of anders gestel, aan die heerlikheid van die opgestane Christus op die troon.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons het heelwaarskynlik met iets soortgelyk te doen in Romeine 8 vanaf vers 15: <em>\u201c\u2026 Julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: \u2018Abba!\u2019 &nbsp;Dit beteken Vader. &nbsp;Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. &nbsp;En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename saam met Christus\u201d<\/em> (v15-17). &nbsp;Dit is \u2019n gesprek, \u2019n praat tussen die Heilige Gees en ons gees wat ons die ver pad vanuit \u2019n w\u00eareld van slawerny tot in die w\u00eareld van kindskap en deelname aan Christus se heerlikheid bring. &nbsp;Op die lang pad na die nuwe w\u00eareld van Christus in ons, die besef van God as ons Pa en erfgename saam met Christus, moet daar baie saamgepraat en saamgesing word. &nbsp;Hierdie waarheid werk die Heilige Gees in alle weergebore Christene, maar tog het talepraat te doen met ons oorgawe aan die Heilige Gees, die geleentheid waar ons tot praat gebring word oor God se waarheid, ons saampraat en saamsing in \u2019n duet totdat ons deel in God se heerlikheid.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons moet soortgelyk dink wanneer ons Paulus se twee gebede in Efesi\u00ebrs 1 en 3, oor die werk van die Heilige Gees in ons lewens, probeer verstaan. Die inhoud van die twee gebede word in \u2019n ander artikel bespreek en word derhalwe nie hier gedoen nie. Die inhoud van die twee gebede is \u2019n manjifieke kernagtige maar omvattende samevatting van wat die Heilige Gees in \u2019n Geesvervulde persoon werk.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy skryf in die twee gebede onder andere:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Die Gees openbaar wie God waarlik is op so \u2019n wyse dat die gelowige tot werklike kennis, baie belangrik, tot ervaring van God kom. &nbsp;Dit is baie meer as kognitiewe hoor. &nbsp;&nbsp;Dit kan slegs gebeur as die Heilige Gees God aan ons openbaar en dit moet voortdurend gebeur in \u2019n w\u00eareld met baie moeilikheid en bloodgestel aan die duiwel se misleiding.<\/li>\n\n\n\n<li>Die Gees bid saam oor wat God se roeping en plan vir die gelowige en die wereld is; &nbsp;die plan kom van baie ver, van voor die skepping van die heelal en strek baie ver tot by \u2019n nuwe hemel en aarde. &nbsp;Die roeping en plan moet deel word van die Geesvervulde persoon se alledaagse lewe. <\/li>\n\n\n\n<li>Die Gees vertel watter krag in die gelowige werksaam is. &nbsp;Dit is dieselfde krag wat Jesus lewend gemaak het en Hom in \u2019n posisie van mag bo alles op die troon geplaas het, en nou neem die Gees \u2019n gelowige saam.&nbsp;&nbsp; Hierdie krag moet die gelowige innerlik sterk maak, daar waar die gelowige in hierdie groot geveg tussen lig en duisternis wen.<\/li>\n\n\n\n<li>Die krag wat in \u2019n gelowige werk is ver bo wat hy kan bid of dink.<\/li>\n\n\n\n<li>Die Gees bid saam oor die liefde van God waarin die gelowige geplant word soos \u2019n boom en soos waarop \u2019n huis gebou word.&nbsp; Di\u00e9 liefde van God wat die Gees hom op sy lewenstog moet laat verstaan en ervaar, maar tog altyd groter sal wees as wat hy kan begryp.<\/li>\n\n\n\n<li>So word die gelowige tot al God se volheid vervul.<\/li>\n\n\n\n<li>Deur gelowiges wat so deur die Gees lewe, word die kerk die instrument van die koms van God se koninkryk, van herlewing in ons donker wereld.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>Die twee gebede gaan oor die oneindige grootheid en liefde van God en God se plan vir die gelowige, dit alles wat die Heilige Gees in die gees van die gelowige werk. &nbsp;Daar moet baie en lank, en met oorgawe, deur die Gees en saam met die Gees gebid en gesing word om die oneindigheid te probeer verstaan, wat s\u00ea nog te beleef. &nbsp;Saamgevat: &nbsp;Die opgestane Christus met die volheid van God in ons.<\/p>\n\n\n\n<p>Die <em>\u201cverborgenheid\u201d<\/em>, aldus Paulus, waar met God gepraat word tydens persoonlike talepraat wat hom <em>\u201copbou\u201d<\/em> (en waarvoor Paulus God dank dat dit so baie in sy lewe plaasvind), kan niks anders wees as die manjifieke inhoud van hierdie twee gebede wat deur die Heilige Gees geskep word nie. &nbsp;Dit haak volkome aan, en word bevestig in die waarhede in die twee gebede soos: &nbsp;<em>\u201choe geweldig groot sy krag is \u2026 dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het. \u2026 Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. &nbsp;Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, \u2026\u201d<\/em> (Ef 1:19,20, 3:19,20). &nbsp;Alles is die <em>\u201cverborgenheid\u201d<\/em> wat die Gees bring in my talegesprek onder sy salwing.<\/p>\n\n\n\n<p>Die <em>\u201cverborgenheid\u201d<\/em> wat die Gees bring is die werklikheid van die opgestane Christus, die volheid van God wat in Christus is: &nbsp;<em>\u201cIn Hom is die volle wese van God beliggaam, en in verbondenheid met Hom deel ons in sy volheid\u201d<\/em> (Kol 2:10). &nbsp;Jesus het van die doop in die Gees ges\u00ea: &nbsp;<em>\u201cAlles wat aan die Vader behoort, behoort ook aan My; &nbsp;daarom dat Ek ges\u00ea het: Wat Hy van My ontvang het, sal Hy aan julle verkondig\u201d<\/em> (Joh 16:15). &nbsp;<em>\u201cDaardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle\u201d<\/em> (Joh 14:20).&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Uitspraak van Paulus in Efesi\u00ebrs 5 oor die vervulling van die Gees kan maklik misgekyk word. &nbsp;Die konteks is die \u201cgoddelose tyd\u201d (v16), die geveg tussen lig en duisternis, en daarom moet ons die beste gebruik maak van elke geleentheid. &nbsp;Ons moet verstandig wees en uitvind wat God se wil vir ons is. &nbsp;Sy advies is: moenie dronk word nie, want dit ru\u00efneer \u2019n mens: &nbsp;<em>\u201cNee, laat die Gees julle vervul, en sing onder mekaar psalms, lofsange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. &nbsp;Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus\u201d<\/em> (Ef 5:18-20). &nbsp;Dit verg nie veel verbeelding om \u2019n sinergie te vind tussen die inhoud van die volgende verse nie: &nbsp;<em>\u201claat die Gees julle vervul \u2026 sing met julle hele hart tot eer van die Here \u2026 Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus\u201d<\/em>, en Paulus se uitspraak aan die Korinti\u00ebrs: &nbsp;<em>\u201cEk moet met die Gees die lof van God besing, maar ook met die verstand\u201d<\/em> (1 Kor. 14:15).<\/p>\n\n\n\n<p>Ons vind iets soortgelyks in Efesi\u00ebrs 6. &nbsp;Paulus skryf oor die wapenrusting wat God ons gee in ons stryd teen die w\u00eareldheersers en bose magte in die lug. &nbsp;\u2019n Vyand wat nie vlees en bloed is nie en wat ons alleen deur God se wapens kan oorwin. &nbsp;Hy sluit die wapenrusting af met: &nbsp;<em>\u201cDoen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees\u201d <\/em>(Ef 6:18). &nbsp;Die konstantheid en om by elke geleentheid te bid deur die Gees is weer in sinergie met: &nbsp;<em>\u201cHoe moet dit dan wees? &nbsp;So, dat ek met die Gees moet bid, maar ook met die verstand\u201d<\/em> (1 Kor. 14:15).&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Die duratiewe aspek van die werkwoorde in beide bogenoemde tekste is belangrik vir die konstante beoefening van die werking van die Heilige Gees in ons lewens. &nbsp;Daar moet baie deur die Gees gebid en gesing word veral as die dae boos is en die vyand vir ons te veel word. &nbsp;Dit rym ook met Romeine 8:20-30 wanneer lyding so baie word dat ons nie weet hoe en wat om te bid nie en met die hulp van die skepper Gees daar \u2019n konstante pleit by God moontlik word, sodat sy skeppingsdoel in ons lewens verwesenlik word.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>(b)&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die oortreffende trap van die wonder van die Heilige Gees oor \u2019n Geesvervulde gelowige:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Dit is vir ons dikwels moeilik om sekere tekste oor die Heilige Geeswerking in ons lewens toepaslik te maak vanwe\u00eb die ondenkbaarheid van die inhoud; &nbsp;soos byvoorbeeld dat Jesus die Heilige Gees ontvang en dat Hy met die Heilige Gees gesalf en toegerus was om sy werk en wonders op aarde te doen, aldus Lukas. &nbsp;En andersins Johannes, wat skryf dat Jesus die nag na sy opstanding vir sy bang dissipels agter geslote deure ges\u00ea het: &nbsp;<em>\u201cVrede vir julle! &nbsp;(Iets soos: My koninkryk het gekom.) \u2026 Soos die Vader my gestuur het, stuur Ek julle ook. &nbsp;Nadat Hy dit ges\u00ea het, blaas Hy oor hulle en s\u00ea: \u201contvang die Heilige Gees\u201d<\/em> (Joh 20:21,22). &nbsp;Ons sukkel met die korrelasie van Jesus wat met die Heilige Gees vervul was met die oog op sy bediening en ons wat, net soos Hy, gestuur word en met dieselfde Heilige Gees toegerus word. &nbsp;Het Jesus en ons dieselfde opdrag en diesefde bemagtiging?&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Gedagtig aan bogenoemde sal ons beslis \u2019n reuse fout maak as ons onsself oorskat en dink ons kan dit uit ons eie doen, en andersins mag ons die groot geveg tussen lig en duisternis onderskat. &nbsp;Ons het \u2019n konstante behoefte aan deelname in die werk van die Heilige Gees.&nbsp; &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Ons vind onder andere ook die ondenkbaarheid van die Heilige Gees se werk by Paulus in 2 Korinti\u00ebrs 3 waar hy breedvoerig geskryf het oor die bediening van die Gees. &nbsp;Hy het onder andere geskryf: &nbsp;Ons is briewe wat deur die Heilige Gees geskryf word. &nbsp;Die bediening van die Gees is \u2019n gebeure wat \u2019n allesoortreffende heerlikheid in ons skep.&nbsp; &nbsp;Soveel so, dat die heerlikheid van die ontmoeting tussen God en Moses op die rokende en bewende berg Sinai nie meer heerlikheid was nie. &nbsp;Hy het geskryf: &nbsp;<em>\u201cOns word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. &nbsp;Die heerlikheid wat van ons uitstraal neem steeds toe. &nbsp;Dit doen die Here wat die Gees is\u201d<\/em> (2 Kor 3:18).<\/p>\n\n\n\n<p><strong>(c)&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die woorde wat vir die doping in die Heilige Gees gebruik word dit wil s\u00ea om die volgende in woorde te sit:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>die waarheid van die ontvangs van die skepper Gees in ons, en daarmee saam die opgestane Christus wat met alle mag en heerlikheid bekroon is na sy hemelvaart,<\/li>\n\n\n\n<li>en God die Vader met al sy volheid&#8230;<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>&#8230;is haas ondenkbaar. &nbsp;Hoe word al hierdie waarhede oorgedra? &nbsp;Weereens, jy kan net onderskat en nooit oorskat nie, aldus Paulus. &nbsp;Tog is woorde gebruik om M\u00f6ller se&nbsp; definisie van <em>\u201conmiddellikheid, innigheid en nabyheid\u201d<\/em> te verwoord.&nbsp; Woorde soos: <em>\u201cdoop in, vervul met, strome lewende water sal uit sy binneste vloei\u201d<\/em>. &nbsp;Dit gaan oor \u2019n verdere waarhed: &nbsp;<em>\u201cDaardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle\u201d.<\/em> (Joh 14:20). &nbsp;Dit is terme wat beelde skep van ondergaan en oorvloei word soos in water, vol word van binne, strome water wat uit die gelowige se gees vloei en dit alles van God in sy volheid.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>(d)&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Opsommend: <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Kom ons s\u00ea weer waar pas <em>\u201ctalepraat\u201d<\/em> in, oftewel wat is die sin van spreke in tale ten opsigte van die doping in die Heilige Gees:<\/p>\n\n\n\n<p>Talepraat is nie \u2019n teken van die doop in die Heilige Gees nie, dit is soos reeds ges\u00ea, meer as dit. &nbsp;Talepraat is die spontane, begeleidende reaksie van die gelowige op die doping in die Heilige Gees. &nbsp;Dit is die fisiese uitdrukking van die <em>\u201cdoop in\u201d,<\/em> die <em>\u201coorloop\u201d<\/em>, die <em>\u201cstrome van lewende water\u201d<\/em>. &nbsp;\u2018n Voortdurende vloei van die teenwoordigheid van die Skepper God in aksie in die gelowige tydens en na die ervaring van die doop in die Heilige Gees. &nbsp;Dit is die gelowige se spontane oorgawe aan, sy in die hand plaas van, en die konkrete en waarneembare werking van die Gees van God in sy lewe. &nbsp;Hierdie belewenis en proses word in die Bybel beskryf as praat met God oor sy <em>\u201cverborgenheid\u201d<\/em>: &nbsp;waarheid en belewenis van God se onbeskryflike almag en intense nabye liefde, wat bo menslike begrip of verstand is. &nbsp;\u2019n Deelname van die gelowige deur en saam met die Gees wat hom op reis neem van slaaf tot kind van God, tot mede-erfgenaam saam met Christus.<\/p>\n\n\n\n<p>Spreek in tale is niks minder nie as \u2019n deelname aan die krag en heerlikheid van die opgestane Christus op die troon.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dit gaan nie oor taalpraat per s\u00e9 nie, die dialek, of oor hard of sag nie. &nbsp;Dit mag nooit \u2019n kultus word, \u2019n heilige sakrament of \u2019n bewys van \u2019n gelowige se heiligheid voor God nie. &nbsp;Dit is kommunikasie met God waarby die gelowige ge\u00efnspireerd betrokke is. &nbsp;\u2019n Konkrete kommunikasie in woorde en oor waarhede, \u2019n wyse van meditasie wat soms fluisteringe kan wees tussen God se Gees en mense se gees. &nbsp;Soms is dit hard en duidelik afhangende van die inhoud wat gekommunikeer word. &nbsp;Dit mag \u2019n geveg wees met die bose waarin die intensiteit van die stryd duidelik sal word. &nbsp;Soms is dit \u2019n meevoering in verwondering en uitbundige ekstase wanneer God se grootheid en liefde ervaar word. &nbsp;Soms gaan dit gepaard met hartseer wanneer dit \u2019n gesprek word oor eie leemtes of voorbidding vir mense wat in nood is. &nbsp;Die gelowige word \u2018n ware vennoot en moet self die inhoud van die kommunikasie bewustelik beleef. &nbsp;God en mens op die konkreetste wyse saam op pad, hand aan hand, maar God wat die agenda opstel en sy wil laat geskied. Talepraat moet, nes God en alles wat God vir die gelowige doen, nie vreemd vir die gelowige wees nie, maar eerder deel van sy alledaagse saamloop met God wees, want daarvoor is die <em>\u201cin julle\u201d<\/em> te naby en is die behoefte aan kennis en ervaring van God en sy roeping te groot.<\/p>\n\n\n\n<p>Wat van belang is, is die gelowige se oorgawe, saamloop, saampraat en die gevolglike verandering wat beleef word. \u00a0Hy &#8211; alhoewel deel van \u2019n sekul\u00eare w\u00eareld wat vasgevang word deur \u2019n rasionele en sintuiglik waarneembare w\u00eareldbeeld &#8211; moet homself tuismaak in die vreemde w\u00eareld van die Gees met \u2019n onversadigde dors na die lewende water wat Jesus gee. \u00a0Daar moet nooit haas wees nie, maar doelbewuste oorgawe, om denkend tot verstaan te kom, <em>\u201c\u2026 die beuel moet \u2019n duidelike sein gee \u2026\u201d<\/em> (1 Kor 14:8). \u00a0Al is daar nie \u2019n gehoor aanwesig wat \u2019n uitl\u00eaer benodig om te verstaan nie, moet die gelowige wat deur die Gees verborgenheid met God praat, die gesprek verstaan en beleef, verander en gebou word. \u00a0\u00a0Dit word <em>\u201cprivate profesie\u201d<\/em> tussen God en \u2019n gelowige, maar mag nooit tot eie belange geprivatiseer word nie, of tot bewyse gereduseer word nie, maar moet altyd oor die groot dade, plan en liefde van God vir alle mense wees. \u00a0Dit is heilshistories belangrik: \u00a0Dit is deel van al God se heilshandelinge in Jesus en is nie \u2019n waarheid geskep deur die Pinkstermense of hulle eiendom nie, ook nie \u2019n waarheid wat as opsioneel beskou mag word nie. \u00a0Dit is eindtydgebeure wat deur God die Vader beloof is en deur Jesus moontlik gemaak is; \u00a0heelwaarskynlik die sleutel tot herlewing.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-pullquote\"><blockquote><p>Hierdie artikel is ingesluit in die <strong><a href=\"https:\/\/www.ats.ac.za\/publications\/holy-spirit-study-course\/\">Holy Spirit study course<\/a><\/strong> en kan afgelaai word in &#8216;n druk-vriendelike formaat wat selgroepe kan gebruik.<\/p><\/blockquote><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Inleiding Die vraag waaroor hierdie artikel gaan, is: &nbsp;gaan die doop in die Heilige Gees gepaard met die spreek in tale? &nbsp;\u2019n Tweede vraag wat noodwending hiermee saamgaan, is: &nbsp;wat is die sin van die spreek in tale? &nbsp;Die antwoord op di\u00e9 twee vrae mag die wonder en krag van die doop in die Heilige [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[9],"tags":[25,26,29],"class_list":["post-1059","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-holy-spirit","tag-holy-spirit","tag-speaking-in-toungues","tag-streams-of-living-water","post-preview"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v25.6 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Die vervulling met die Heilige Gees en spreek in tale - Auckland Park Theological Seminary Blog<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/die-vervulling-met-die-heilige-gees-en-spreek-in-tale\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die vervulling met die Heilige Gees en spreek in tale - Auckland Park Theological Seminary Blog\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Inleiding Die vraag waaroor hierdie artikel gaan, is: &nbsp;gaan die doop in die Heilige Gees gepaard met die spreek in tale? &nbsp;\u2019n Tweede vraag wat noodwending hiermee saamgaan, is: &nbsp;wat is die sin van die spreek in tale? &nbsp;Die antwoord op di\u00e9 twee vrae mag die wonder en krag van die doop in die Heilige [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/die-vervulling-met-die-heilige-gees-en-spreek-in-tale\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Auckland Park Theological Seminary Blog\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-07-10T09:31:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-07-14T07:56:41+00:00\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Prof Jan Hattingh\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Prof Jan Hattingh\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"38 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/die-vervulling-met-die-heilige-gees-en-spreek-in-tale\/\",\"url\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/die-vervulling-met-die-heilige-gees-en-spreek-in-tale\/\",\"name\":\"Die vervulling met die Heilige Gees en spreek in tale - Auckland Park Theological Seminary Blog\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#website\"},\"datePublished\":\"2023-07-10T09:31:53+00:00\",\"dateModified\":\"2023-07-14T07:56:41+00:00\",\"author\":{\"@id\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#\/schema\/person\/ac24c7262a6cbd72ffdf54b7a2d757a5\"},\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/die-vervulling-met-die-heilige-gees-en-spreek-in-tale\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-US\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/die-vervulling-met-die-heilige-gees-en-spreek-in-tale\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/die-vervulling-met-die-heilige-gees-en-spreek-in-tale\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die vervulling met die Heilige Gees en spreek in tale\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#website\",\"url\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/\",\"name\":\"Auckland Park Theological Seminary Blog\",\"description\":\"Through training and empowerment ATS aims at providing direction, light and hope to people and nations in accordance with God&#039;s will.\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-US\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#\/schema\/person\/ac24c7262a6cbd72ffdf54b7a2d757a5\",\"name\":\"Prof Jan Hattingh\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"@id\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#\/schema\/person\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/4a96ed16dfbaa17796e8a8635d6d1ca1?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/4a96ed16dfbaa17796e8a8635d6d1ca1?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Prof Jan Hattingh\"},\"description\":\"He is the principal of the Auckland park Theological Seminary and head of the department of Practical Theology. He's is well-known for his narrative sermons, loves to be in the veldt and is currently teaching his grandchildren how to track the spoor of animals.\",\"url\":\"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/author\/principal\/\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die vervulling met die Heilige Gees en spreek in tale - Auckland Park Theological Seminary Blog","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/die-vervulling-met-die-heilige-gees-en-spreek-in-tale\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die vervulling met die Heilige Gees en spreek in tale - Auckland Park Theological Seminary Blog","og_description":"Inleiding Die vraag waaroor hierdie artikel gaan, is: &nbsp;gaan die doop in die Heilige Gees gepaard met die spreek in tale? &nbsp;\u2019n Tweede vraag wat noodwending hiermee saamgaan, is: &nbsp;wat is die sin van die spreek in tale? &nbsp;Die antwoord op di\u00e9 twee vrae mag die wonder en krag van die doop in die Heilige [&hellip;]","og_url":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/die-vervulling-met-die-heilige-gees-en-spreek-in-tale\/","og_site_name":"Auckland Park Theological Seminary Blog","article_published_time":"2023-07-10T09:31:53+00:00","article_modified_time":"2023-07-14T07:56:41+00:00","author":"Prof Jan Hattingh","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Prof Jan Hattingh","Est. reading time":"38 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/die-vervulling-met-die-heilige-gees-en-spreek-in-tale\/","url":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/die-vervulling-met-die-heilige-gees-en-spreek-in-tale\/","name":"Die vervulling met die Heilige Gees en spreek in tale - Auckland Park Theological Seminary Blog","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#website"},"datePublished":"2023-07-10T09:31:53+00:00","dateModified":"2023-07-14T07:56:41+00:00","author":{"@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#\/schema\/person\/ac24c7262a6cbd72ffdf54b7a2d757a5"},"breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/die-vervulling-met-die-heilige-gees-en-spreek-in-tale\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-US","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/die-vervulling-met-die-heilige-gees-en-spreek-in-tale\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/die-vervulling-met-die-heilige-gees-en-spreek-in-tale\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die vervulling met die Heilige Gees en spreek in tale"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#website","url":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/","name":"Auckland Park Theological Seminary Blog","description":"Through training and empowerment ATS aims at providing direction, light and hope to people and nations in accordance with God&#039;s will.","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-US"},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#\/schema\/person\/ac24c7262a6cbd72ffdf54b7a2d757a5","name":"Prof Jan Hattingh","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-US","@id":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/#\/schema\/person\/image\/","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/4a96ed16dfbaa17796e8a8635d6d1ca1?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/4a96ed16dfbaa17796e8a8635d6d1ca1?s=96&d=mm&r=g","caption":"Prof Jan Hattingh"},"description":"He is the principal of the Auckland park Theological Seminary and head of the department of Practical Theology. He's is well-known for his narrative sermons, loves to be in the veldt and is currently teaching his grandchildren how to track the spoor of animals.","url":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/author\/principal\/"}]}},"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1059"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1059"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1059\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1102,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1059\/revisions\/1102"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1059"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1059"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ats.ac.za\/blog\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1059"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}